Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Gee aan die keiser wat hom toekom’ - Mboweni

Die regering weet wat die staatskas se probleme is, die vraag is hoe om dit op te los, het Tito Mboweni, minister van finansies, Dinsdag gesê.

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Salomé Fischer

Die regering vorder met die stryd teen onwettige tabakhandel en het al herhaalde suksesse behaal met beslaglegging op onwettig ingevoerde sigarette by die Beitbrug-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe, het Mboweni in die parlement oor die debat oor die jongste belasting- en begrotingswette gesê.

Hy het herhaal wat hy in sy mediumtermynbegrotingsraamwerkrede (MTBR) gesê het dat aan die keiser betaal moet word wat die keiser toekom.

Dr. Dion George van die DA het Mboweni gewaarsku sy aalwynplantjie sal dit nie maak nie. Dit was ’n verwysing na die aalwynplantjie wat Mboweni met sy toespraak in Oktober met die MTBR op die podium gehad het.

Die DA, EFF en die VF Plus het beswaar aangeteken teen die goedkeuring van die belastingwet-wysigingswetsontwerp en die koerse, monetêre bedrae en wysiging van die inkomstewette-wetsontwerp. Dit is die jaarlikse wetswysiging wat die nasionale tesourie se aangepaste begroting en belastingwysigings amptelik moet bekragtig.

’n Verdeling van stemme is verklaar, wat beteken die nasionale vergadering moes oorgaan tot ’n formele stemming pleks van bloot ’n stemming deur die wys van hande om die wetgewing goedgekeur te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.