Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Géén ruimte vir hoër belasting – Dennis Davis

Daar is geen beweegruimte om belastinginkomste te verhoog buiten om Jan Taks se insamelingsvermoë te verbeter nie, sê regter Dennis Davis.

Regter Dennis Davis, hoof van die belastingkomitee, wat die afgelope jare voorstelle oor belastingbeleid gedoen het.

Hy het Donderdag by die Kaapse Persklub gesê die verhoging van een persentasiepunt in belasting op toegevoegde waarde (BTW) bring R16 miljard tot R20 miljard se ekstra geld in, maar om persoonlike belasting met soveel te verhoog, sou net R4 miljard tot R5 miljard ingebring het.

Tans is daar volgens hom geen verdere ruimte om enige nuwe belastingverhogings in te stel nie.

Al manier om belastinginkomste te verhoog, is dus om insameling te verbeter.

Davis, hoof van die adviserende belastingkomitee, meen regter Bob Nugent is die ideale mens aan die stuur van die ondersoek na die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Davis sê hy hoop baie van die kundige mense keer terug wat weg is in die era van Tom Moyane as SAID-hoof. Moyane is geskors, maar sy dissiplinêre verhoor moet nog gehou word.

Hoe moet die stimuluspakket van pres. Cyril Ramaphosa gefinansier word?

Nie deur belastingverhogings nie, sê Davis. “Dalk so ’n bietjie deur beter invordering.”

Davis sê Peter Bruce, oudredakteur van Business Day, se voorstel is om 1% van die markwaarde van elkeen van die JSE-maatskappye in ’n fonds te sit om ontwikkeling te finansier, want uitvoerende hoofde het al aan Bruce gesê hulle sal nie 1% van hul markwaarde “mis” nie.

Korrupsie moet ook doeltreffender vervolg word, sê Davis.

Hy stem saam met die joernalis Jacques Pauw dat die Sunday Times se ondersoekende joernaliste ook by die Zondo-kommissie oor staatskaping moet getuig. Dit was hul beriggewing wat deels tot die agteruitgang by die SAID en die Valke bygedra het, meen Davis.

Die SAID-verhaal wys die vernietigende uitwerking wat die regering van oudpres. Jacob Zuma gehad het, sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.