Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Geldsake knyp, maar steeds koop SA op skuld

Suid-Afrikaners se skuldvlakke is skerp aan die toeneem te midde van die land se negatiewe ekonomiese groeikoers, hoë werkloosheid en gedempte of geen styging in salarisse.

Luidens die verbruikerskrediet-agentskap TransUnion se kwartaallikse oorsig, was daar ’n merkbare styging in die totale balanse van kredietprodukte in die eerste kwartaal van 2019, vergeleke met ’n jaar gelede. Dit dui daarop dat verbruikers aktief nuwe skuld aangaan om hul inkomste aan te vul en hul geldelike verpligtinge na te kom.

skuld, krediet

Die balans op kredietkaarte (23%), persoonlike lenings (18%) en lenings by ander instellings (10%) het noemenswaardig gestyg op ’n jaargrondslag. Dit dui daarop dat finansiële instellings meer geneig is om krediet toe te staan aan laerisiko-uitleners.

Boonop begin al hoe meer mense versuim om hul uitstaande saldo’s te eerbiedig. Die koers waarteen mense versuim om hul lenings by instellings anders as banke terug te betaal, het tot 24,4% toegeneem in die eerste kwartaal van 2019 – 610 basispunte meer as die ooreenstemmende tydperk in 2018.

Luidens TransUnion is die grootste bron van kommer egter die styging in die wanbetaling van skuld soos huislenings en motorfinansiering, wat ’n aanduiding is dat selfs laerisiko-uitleners onder geldelike druk verkeer. 

Meer oor:  Transunion  |  Finansiering  |  Geldsake  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.