Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Vlak 3! 10 dinge wat jy moet weet

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondagaand goeie én slegte nuus gebring vir Suid-Afrikaners wat smag om na normaliteit terug te keer te midde van die voortslepende Covid-19-pandemie. Hier is die stand van die inperkingsregulasies.

        

Restaurante mag weer drank bedien, maar net tot 20:00 saans. Foto: Unsplash
1. Van vlak 4 na vlak 3

Suid-Afrika is van Maandag af op aangepaste vlak 3 van die staat van inperking nadat vlak 4 die afgelope vier weke gegeld het.

Dit word gedoen omdat die persentasie nuwe infeksies die afgelope week 20% laer was as die vorige week - op gemiddeld 12 000 per dag. Daar is egter steeds provinsies waar infeksies aan die styg is, naamlik die Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

  

2. Almal moet 22:00 op hok wees

Die aandklokreël bly streng. Almal moet van 22:00 tot 04:00 tuis wees.

Net mense met noodgevalle en noodsaaklike werkers met die nodige papierwerk mag tussen 22:00 en 04:00 op die pad wees.

Nog ’n uitsondering is dat mense wat na of van die lughawe reis vir vlugte wat vertrek of land, dit mag doen. Hulle moet net ’n geldige bewys van hul vlug soos ’n instapkaart of afskrif van ’n vliegkaartjie by hulle hê.

Restaurante en ander nie-noodsaaklike ondernemings moet hul deure om 21:00 sluit om werknemers en klante toe te laat om betyds tuis te kom.

  

3. Gesondheid!

Die algehele drankverbod word opgehef.

Drankwinkels mag nou weer in die week drank verkoop – Maandag tot Donderdag van 10:00 tot 18:00, uitgesluit openbare vakansiedae.

Restaurante mag elke dag van die week drank bedien, maar slegs tot 20:00 saans.

Wynplase en mikrobrouerye en -distilleerderye mag proeë aanbied en drank verkoop. Hulle mag dit ook oor naweke doen, tot 20:00 daagliks. 

  

4. ‘Dis lekker om te lewe in Gautengeleng’

Gautengers mag hul provinsie vir ontspanning verlaat en die provinsie mag ook weer besoekers verwelkom. Die provinsie was vier weke lank agter virtuele slot en grendel.

  

5. Byeenkomste bly klein

Die grootte van toegelate byeenkomste bly baie beperk op 50 mense binnenshuis en 100 mense buite.

Dié regulasie geld ook restaurante, gimnasiums en fiksheidsentrums.

Plekke wat nie 50 mense met gesonde afstande kan akkommodeer nie, mag slegs 50% van hul kapasiteit vul.

Dié regulasies geld ook sosiale en politieke byeenkomste.

  

6. Begrafnisse bly ook klein

Die streng perke op begrafnisse word nie opgehef nie. Dit bly beperk tot 50 mense, mag slegs twee uur lank wees, en geen nagwaak voor of byeenkoms ná die begrafnis mag gehou word nie.

  

7. Inentings binnekort vir alle volwassenes oop

Inentings vir mense van 18 jaar en ouer open op 1 September. Tans mag enigeen van 35 jaar en ouer ingeënt word. Vanaf 1 September sal mense nie afsprake hoef te hê nie, hulle sal net kan instap vir inentings.

  

8. Verligting aan arm huishoudings

Die R350-toelae word heringestel vir mense wat geen werk of ander staatshulp het nie en sal tot Maart 2022 uitbetaal word. Ramaphosa sê dit word moontlik gemaak deur beter as verwagte belastinginvordering. 

Die Werkloosheidsversekeringsfonds gaan werknemers help wat hul werk tydelik weens die onlangse onluste verloor het.

  

9. Hulp aan ondernemings

’n Hulppakket is saamgestel om ondernemings te help - sowel dié wat deur die plundery en geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng geraak is as ondernemings wat weens Covid-19-inperkingsregulasies sukkel.

Die staatsbeheerde versekeraar Sasria, wat dekking vir onluste bied, sal alle geldige eise eerbiedig. Ramaphosa het onderneem dat die regering geld vir Sasria sal gee indien Sasria te min geld het vir die eise.

Ondernemings wat nie verseker is nie, sal vir hulp kan aansoek doen. 

’n Fonds sal geskep word om ondernemings te help wat deur die pandemie geraak is.

Besonderhede oor al dié maatreëls sal in die volgende dae bekend gemaak word.

Die oorbetaling van inkomstebelasting van werknemers aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens word vir drie maande uitgestel vir ondernemings met ’n omset van minder as R100 miljoen.

Die betaling van aksyns deur die drankbedryf word vir drie maande uitgestel.

Die belastingaansporing vir indiensneming word vir vier maande verhoog om almal in te sluit wat tot R6 500 per maand verdien.

  

10. Hou jou masker op!

Dit bly verpligtend om in die openbaar ’n masker te dra – een wat jou neus en ken bedek.

Meer oor:  Cyri Ramaphosa  |  Vlak 3  |  Covid-19  |  Inperkings  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.