Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Goud haal hoogste vlak in 6 jaar

So sleg soos wat die handelsoorlog tussen die VSA en China vir die rand is, so goed is dit vir goud.

Die goudprys is op die hoogste vlak in ses jaar.

Die goudprys het Dinsdagoggend die tweede dag agtereenvolgens tot die hoogste vlak in ses jaar gestyg toe dit vroegoggend selfs $1 486,45 per fynons bereik het voordat dit effens teruggesak het. Teen 10:30 was ’n fynons goud $1 473,35 werd.

Weens die verswakking van die rand tot selfs R15,01 per dollar, sou Suid-Afrikaners Dinsdagoggend selfs R22 054 vir ’n fynons goud moes opdok.

Die goudprys het die afgelope 30 dae reeds met meer as 4,4% gestyg en die styging oor die afgelope 12 maande is nagenoeg 21%. Dit het op 24 Junie die eerste keer in ses jaar bo $1 400 gestyg.

Die skerp styging in die goudprys het Maandag die aandeelprys van die land se grootste goudprodusente tot die hoogste vlakke in twee tot drie jaar opgedruk.

  • Sibanye-Stillwater het Maandag op R19,94 per aandeel gesluit, die hoogste sluiting sedert 10 November 2017.
  • Harmony Gold se sluiting van R41,37 was die hoogste sedert 4 November 2016.
  • DRD Gold het op R5,25 gesluit, die hoogste sedert 6 Oktober 2017.
  • Gold Fields se sluiting van R85,55 was die hoogste sedert 19 Augustus 2016.

Al die maatskappye het óf Maandag óf Dinsdagoggend hul hoogste intradagvlakke in 52 weke behaal.

Die aandeelpryse het Dinsdagoggend teruggesak, met die uitsondering van Harmony, wat teen 10:30 reeds ’n intradag-hoogtepunt van R41,77 gehaal het – 0,7% hoër as Maandag se sluiting.

Goud word steeds as ’n “veilige hawe” in politiek onsekere tye beskou.

’n Nuwegenerasie- veilige hawe, kriptogeld, het óók die afgelope twee dae die hoogte in geskiet.

Op die plaaslike verhandelingsplatform Luno sou een bitcoin jou Dinsdagoggend $12 214 of R186 550 kos. Dis die hoogste vlakke sedert Januarie 2018 ná die skerp styging in Desember 2017 wat die bitcoin tot meer as $17 000 oftewel R264 825 opgejaag het.

Die soeke na veilige hawens, en weg van ontluikende geldeenhede, kom nadat pres. Donald Trump van die VSA China van valuta-manipulasie beskuldig het.

LEES OOK: Twis oor handel druk rand vir wyle tot R15

Meer oor:  Digitale Geld  |  Rand  |  Kriptogeld  |  Goud  |  Goudprys  |  Bitcoin
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.