Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Goudprys breek deur $1 600-vlak
Die goudprys het Dinsdag wéér deur die $1 600 per fynons gebreek.Foto: Bloomberg

Die goudprys het Dinsdagaand weer die hoogte ingeskiet weens kommer oor die invloed van Covid-19, die nuwe koronavirusstam, op die wêreldekonomie.

Die goudprys het met 1,4% gestyg en het wéér deur die vlak van $1 600 dollar per fynons gebreek, net soos vroeër vanjaar. Dit het vroeg Woensdagoggend teen $1 601,55 per fynons verhandel.

Bloomberg berig dat die groot rede vir Dinsdag se styging Apple se aankondiging was dat hy verwag sy inkomste gaan vanjaar daal weens die invloed wat Covid-19 op verkope en produksie het.

Meer as 2 000 mense is reeds in China dood aan die dodelike koronavirus sedert dit in Desember uitgebreek het.

Beleggers wat nou na veilige hawens vlug, was tot voordeel van bates soos goud. Die goudprys het vanjaar reeds met 5,6% gestyg. Dit het Dinsdag in ’n stadium teen $1 611,42 per fynons verhandel. Dit is die hoogste sedert 2013.

Palladium is nog ’n hulpbron wat voordeel trek uit die huidige situasie. Dit het Dinsdag met 3% tot ’n rekordhoogte van $2 709,10 per ons gestyg. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Korona-Virus  |  Goudprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.