Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Goudprys en rand bly onder druk, olie floreer
Die goudprys het ’n erge knou weg weens die sterk dollar.

As dit nie die rand is wat deurloop onder die dollar se manewales nie, dan is dit die goudprys.

Die goudprys het Woensdag tot die laagste vlak van $1 286 per fynons in vyf maande geval – alles te wyte aan die sterker dollar.

Die dollar het ook geldeenhede soos die rand onder druk gehou.

Die rand het Donderdagoggend vroeg teen R12,42 teenoor die dollar verhandel, dieselfde vlak waarop dit Woensdag begin verhandel het.

Die goudprys het ook onder die $1 300 per fynons-vlak teen $1 292 per fynons gebly.

Reuters berig hoewel die stewige dollar die goudprys onder druk plaas, kan geopolitieke onsekerheid beleggers weer na goud teruglok.

“Die toutrekkery tussen risiko-aptyt en ’n sterker dollar sal ’n groot invloed hê oor wat met die goudprys gaan gebeur,” sê Barnabas Gan, ’n ontleder by OCBC bank in Beijing, China.

“Ons het al klaar gesien sommige beleggers kyk weer na goud as ’n veilige hawe ondanks die sterker dollar. Dit is omdat daar kommer is dat die gesprekke tussen Noord-Korea en die VSA dalk nie gaan gebeur nie,” sê hy.

Een hulpbron wat hom nie aan dié ontwikkelinge steur nie, is die olieprys wat al hoe nader aan die $80 per vat-vlak styg.

Dit verhandel vroeg Woensdagoggend teen $79,35.

Dié styging, tesame met ’n swakker rand, voorspel groot stygings in die petrolprys vir Suid-Afrikaners.

Die rand het Woensdagoggend teen R16,84 teenoor die Britse pond en R14,69 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake vroeg Woensdagoggend só:

  • Goudprys: $1 292 per fynons
  • Platinumprys: $892 per fynons
  • Olie: $79,36 per vat

Digitale geld:

  • Bitcoin: $8 370,99
  • Ethereum: $712,97
Meer oor:  Rand  |  Olie  |  Dollar  |  Goud
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.