Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Graderingskok sal rand skerp laat daal
Die rand het Vrydag effens versterk. Dit het meer te doen met die dollar se verswakking.

Die rand gaan drasties verswak indien die internasionale graderingsagentskap S&P Vrydagaand ’n graderingskok vir Suid-Afrika gee.

John Cairns, valutastrateeg van RMB, meen afhangende van die besluit kan die rand Maandagoggend op R13,50 of R14,50 open.

Die swakker rand sal volg indien S&P Suid-Afrika afgradeer.

Die dollar het Vrydagoggend verswak en dit het die rand teen die dollar laat versterk.

Cairns meen teen middagete kan die rand teen R14 verhandel.

Die rand het rondom die sluitingsvlak van Donderdag bly huiwer – en was Vrydagoggend effens sterker met 2c of 0,2% op R14,07.

S&P se graderingsbesluit word Vrydagaand ná die marksluiting bekend gemaak, en die impak op die rand word dus in ná-uurse verhandeling oorsee verwag.

Cairns sê RMB verwag nie S&P gaan Suid-Afrika afgradeer nie.

“Daar gaan (egter) aggressiewe reaksie wees as ’n afgradering kom,” sê hy.

Cairns sê die enigste groot risiko Vrydag vir die rand is die werksyfers uit Amerika omdat dit uitgereik word wanneer Johannesburgse valutahandelaars nog werk.

’n Sterker as verwagte syfer kan die rand benadeel.

Hoewel die syfers belangrik is, kan dit minder van ’n impak hê omdat die mark reeds die moontlikheid van ’n verhoging in die Amerikaanse rentekoers in Desember ingeprys het.

Daar is ook senuagtigheid oor die Italiaanse referendum wat Sondag plaasvind.

Die Italiaanse referendum het die kleinste risiko van die drie nuusgebeure.

“Ons is nie bekommerd oor die uitslag van die referendum nie, maar of dit gaan lei tot ’n sneeubaleffek en tot die ineenstorting van die eurogebied.”

Hy sê die referendum se uitslag kan ’n impak van 10c tot 15c op die rand-dollar-wisselkoers hê.

Bloomberg berig die “Trump-lopie” van die dollar begin stoom verloor weens nuwe kommer onder beleggers oor die vooruitsig vir Amerika en oor stabiliteit in Europa.

Bloomberg se dollarindeks kan dalk vir die eerste keer sedert die Amerikaanse verkiesing ’n daling vir die week toon.

Meer oor:  Rmb  |  John Cairns  |  Gradering  |  Rand  |  Valuta  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.