Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
GRAFIKA: Blitsblik op die SA ekonomie

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is nou 7,1% kleiner as in 2019. Als wat jy oor die ekonomie wil weet in 4 grafika.

LEES OOK: -7%: Só ‘groei’ SA ekonomie in 2020

Dié grafika toon hoe die ekonomie van kwartaal tot kwartaal verander het in 2020. Die syfers - kwartaalliks geannualiseerde gemeet - is erg skeefgetrek - eers deur die feit dat die ekonomie byna tot stilstand geknars het in April (tweede kwartaal), en baie ondernemings toe in die derde kwartaal weer kon sake doen.

Dis die laaste keer dat die syfers as volg aangegee word. Die geannualiseerde, seisoensaangepaste kwartaalgroei was verlede jaar redelik omstrede omdat dit so skeefgetrek is deur die ekstreme omstandighede van die inperkings (sien grafiek). SSA gaan voortaan slegs die kwartaalgroei weergee, seisoensaangepas maar nie geannualiseer nie. Die statistiekdiens sê dis wat algemeen in lande soos Australië, Kanada, Frankryk en Duitsland gedoen word. Ander syfers, soos die jaargroei en jaar-tot-dusver-groei, sal ook nog gepubliseer word.

bbp

  

Dié grafika toon die finale impak van die eerste Covid-19-jaar op die tien bedrywe wat Statistieke Suid-Afrika meet. Dis die groei van elke bedryf vergeleke met 2019. Die landbou se groei was positief omdat die meeste boere ononderbroke kon voortgaan om kos te produseer. 

bbp

 

Dié grafika toon die kwartaalgroei van verskillende sektore en hul onderliggende bedrywe, dus tussen die derde en vierde kwartaal, maar geannualiseerd.

bbp

  

Dié grafika toon die gewig van verskillende bedrywe van die ekonomie.

bbp

Meer oor:  Handel  |  Ekonomie  |  Mynbou  |  Ekonomiese Groei  |  Verbruikersbesteding  |  Landbou  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.