Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hier is jou braai die goedkoopste in die land!
As jy daarvan hou om boerewors te braai is die goedkoopste provinsie vir dié vleissoort in die land Limpopo. Foto: Argief

Dis mos altyd braaityd, of hoe?

Maar waar in Suid-Afrika kan jy die goedkoopste ’n tjoppie op die kole gooi, jou brandewyn-en-Coke wegslaan en lekker met jou vriende gesels?

Die marknavorsingsorganisasie South African Market Insights (Sami) het ’n ontleding gedoen van Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste inflasiesyfers om te bepaal hoe vleispryse tussen provinsies vergelyk.

Sami het gefokus op die vyf gewildste vleissoorte: lamstjops, kruisskyf, hoender, boerewors en varktjops.

Wes-Kapenaars byt ongelukkig die spit af as dit kom by die luukse van biefstuk braai, asook vir varktjops.

Kapenaars gaan ook gemiddeld die meeste opdok vir ’n braai wat alle soorte vleis insluit (sien grafika hiernaas).

Vir ’n goedkoop lamstjoppie moet jy by jou vriende en familie in die Oos-Kaap gaan aanklop, terwyl Noordwes weer die billikste kruisskyf bied.

vleispryse

Só vergelyk die prys van lamstjops per kilogram:

  • Gauteng: R170,35
  • Mpumalanga: R169,37
  • Vrystaat: R163,91
  • Noord-Kaap: R159,61
  • KwaZulu-Natal: R158,40
  • Wes-Kaap: R157,56
  • Noordwes: R150,43
  • Oos-Kaap: R145,54

Limpopo word hier uitgesluit omdat daar ’n te lae vraag na lamsvleis in die provinsie is en SSA dit gevolglik buite rekening gelaat het.

Só lyk die prys van kruisskyf per kilogram:

  • Wes-Kaap: R141,25
  • Vrystaat: R135,81
  • Gauteng: R131,78
  • Noord-Kaap: R129,17
  • Mpumalanga: R128,21
  • Oos-Kaap: R128,09
  • Limpopo: R125,65
  • KwaZulu-Natal: R118,39
  • Noordwes: R114,24

Boerewors en hoender is die goedkoopste vleis in die land.

Trouens, hoender is Suid-Afrikaners se gunsteling-vleis wat die meeste geëet word, hetsy op die kole of in geregte.

Anders as lamsvleis, is hoender nie die duurste in die Wes-Kaap nie, hoewel dit net ’n kortkop agter die duurste provinsie is.

Oos-Kapenaars betaal die meeste vir hoender per kilogram terwyl dit die goedkoopste in KwaZulu-Natal blyk te wees.

Só vergelyk die prys van hoender per kilogram:

  • Oos-Kaap: R53,85
  • Wes-Kaap: R52,79
  • Gauteng: R47,41
  • Vrystaat: R47,26
  • Noord-Kaap: R47,21
  • Mpumalanga: R46,59
  • Limpopo: R44,54
  • Noordwes: R43,32
  • KwaZulu-Natal: R41,82

Só vergelyk die prys van boerewors per kilogram:

  • Oos-Kaap: R65,34
  • Mpumalanga: R63,34
  • Wes-Kaap: R60,19
  • Noord-Kaap: R59,99
  • Vrystaat: R58,87
  • Noordwes: R58,31
  • Gauteng: R57,87
  • KwaZulu-Natal: R56,37
  • Limpopo: R52,99
vleispryse

Gemiddeld sou jou beste opsie vir ’n taamlike diverse, maar steeds billike braai wees om hoender en boerewors in Limpopo oor die kole te haal.

As Limpopo helaas te ver is, het Sami ook die gemiddelde prys per braai in elke provinsie bereken.

Sou jy vanaand 100 g elk lamstjops, kruisskyf, varktjops, hoender en boerewors braai, sal dit die gemiddelde Suid-Afrikaner R47,29 uit die sak jaag.

In die Wes-Kaap sal dié diverse braai jou die duurste – R49,91 – kos terwyl dit in Noordwes die goedkoopste teen net R44,05 sal wees.

Nou toe, nou weet jy waar om jou volgende braai te geniet!

Meer oor:  Braai  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Braaivleis  |  Vleispryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.