Suid-Afrika se ekonomie het in die tweede kwartaal - die strengste tyd van die inperking vir die Covid-19-krisis - met 51% verklein op ’n geannualiseerde grondslag.
LEES OOK: -51%: Dis wat Covid-19 ekonomie kos
Suid-Afrika was reeds vóór die koms van die Covid-19-krisis in ’n resessie. Die tweede kwartaal is die vierde opeenvolgende kwartaal van negatiewe groei. Die vorige drie kwartale was groei onderskeidelik -0,8%, -1,4% en -1,8%. (Die syfer vir die eerste kwartaal is hersien vanaf -2%.)
Al drie oorhoofse sektore van die ekonomie het ingekrimp.