Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
GRAFIKA: Só word kos duurder in inperking

As jy oortuig is daarvan dat veral kos tydens die Covid-19-inperking duurder geword het, is jy nie verkeerd nie.

Die prys van veral tamaties het tydens die inperking die hoogte ingeskiet. Foto: Pixabay

’n Verslag wat die Mededingingskommissie Dinsdagmiddag oor buitensporige kospryse uitgereik het, wys dat pryse van veral produkte soos tamaties, avokado’s en knoffel die hoogte ingeskiet het.

Die kommissie sê daar was twee groot veranderlikes wat die stygings veroorsaak het: paniekaankope en die verswakking van die randdollar-wisselkoers.

Die kommissie sê egter dat markkragte wat aanvanklik kospryse opgejaag het, intussen bedaar en die pryse het nou gestabiliseer.

Die syfers wat hy van Statistieke Suid-Afrika (SSA) gekry het, wys dat ’n basiese mandjie kos, wat uit produkte soos rys, boontjies, brood en wors bestaan, op 3 Junie R173,13 duurder was as wat dit was op 2 Maart – nog voordat die staat van inperking in werking gestel is.

Dit is egter laer as die R1 185,58 wat dieselfde mandjie produkte jou in Mei uit die sak sou jaag.

Die nuutste inflasiesyfers wat SSA Woensdagoggend bekend gemaak het, wys juis dat inflasie van veral sekere kosprodukte in Mei die hoogte ingeskiet het.

LEES OOK: Inflasie daal tot 2,1%

Die mandjie kos wat SSA meet, was in Mei 4,8% duurder as ’n jaar gelede, en 4,4% duurder as nie-alkoholiese drinkgoed soos koeldrank, koffie en tee ingesluit word.

Die skerpste styging was in die prys van vrugte, wat 16,9% duurder was as ’n jaar gelede.

Ander betreklik skerp prysstygings was vir vette en olies (8,3%), melk, eiers en kaas (7,1%) en suiker en lekkergoed (6,8%).

Slegs groente was in Mei goedkoper as ’n jaar gelede, en ook net met 0,4%.

Die syfers vir Junie is nog nie beskikbaar nie.

Groente en vrugte

kospryse

Wanneer net na groente gekyk word, wys die kommissie daarop dat pryse veral in die eerste tien dae van inperking gestyg het. Daarna het dit begin daal. Die kommissie sê die feit dat restaurante gesluit was tydens sy navorsing het die gebrek aan vraag waarskynlik gehelp om pryse weer te laat normaliseer.

’n Veranderlike wat nie vergeet moet word nie, is die seisoenale aard van vrugte en groente.

Die kommissie se syfers wys avokado’s is tans van die duurste vrugte, terwyl lemoene die goedkoopste is.

Wanneer dit by groente kom, kos soetrissies jou tans ’n hoop geld, terwyl kool en botterskorsies goedkoper is.

kospryse

Mielies, koring en rys

Wat mielies, koring en rys betref sê die kommissie daar is ander faktore wat die pryse bepaal.

In die geval van koring en rys speel internasionale pryse ’n groot rol, asook die randdollar-wisselkoers. Dit is omdat Suid-Afrika ’n netto invoerder van koring en rys is.

LEES OOK: Paniekaankope het bygedra tot kosprys-skokke

Die rand het in April en Mei skerp teen die dollar verswak en dit het veroorsaak dat dié produkte duurder geword het.

Suid-Afrika is egter ’n netto uitvoerder van mielies. Aangesien ’n groot mielieoes vanjaar verwag word, word verwag dat mieliepryse nie gaan styg nie.

kos

Meer oor:  Kospryse  |  Inflasie  |  Koronavirus  |  Mededingingskommissie  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.