Altesame is 11,1 miljoen mense sonder werk - insluitend alle mense wat werk soek, ontmoedig is of om “ander redes” nie werk nie, uitgesluit studente, tuisteskeppers, mense wat vroeg afgetree het of mense wat siek of gestremd is.
Dit sluit in mense wat nie werk gesoek het nie weens die inperking vir die pandemie.
Dit het die land se amptelike werkloosheidskoers vir die vierde kwartaal van 2020 laat opskiet tot 32,5%, teenoor 30,8% in die derde kwartaal, het Statistieke Suid-Afrika Dinsdag bekend gemaak.