Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
GRAFIKA: X-sê, wat kos ’n verkiesing?

Wanneer etlike miljoene mense hul kruisies in ’n verkiesing trek, kos dit ’n land ’n groot klomp geld, maar hoe vergelyk Suid-Afrika?

verkiesing 2019, uitslagsentrum
'n Groot X sê-teken naby die uitgang van die Nasionale Verkiesing Uitslag Sentrum in Pretoria waar die 2019-verkiesing se uitslae bekend gemaak word. Foto: Deaan Vivier

Die Verkiesingskommissie (OVK), wat Suid-Afrika se verkiesings bestuur, het R1,2 miljard tot sy beskikking gehad vir vanjaar se nasionale verkiesing.

Met 26 756 649 mense wat hulle uiteindelik geregistreer het om te stem, beteken dit die OVK het per capita slegs R44,85 tot sy beskikking gehad om mense te registreer, vir die stemmery en om dié stemme te tel en te laat oudit. \

Dit is net meer as die prys van ’n McDonald’s Big Mac-burger. Per capita bedryf Suid-Afrika sy verkiesings goedkoper as Brittanje, die VSA en Indië.

Die OVK moes sy rieme dunner sny, want die R1,2 miljard is R300 miljoen minder as wat tydens die vorige algemene verkiesing in 2014 aan die kommissie toegeken is.

In Oktober 2018 het die tesourie die begroting van die OVK gesny weens voortdurende beperkings op die fiskus, berig The Sowetan.

Dié stap het onder meer gelei tot die beperking van registrasieveldtogte tot slegs een vanjaar, waar daar aanvanklik vir twee beplan was.

Van die koste wat op verkiesingsdag gedek moes word, sluit in lone van tydelike personeel en oortydbetaling vir heeltydse personeel, skryfbehoeftes, stembusse, stembriewe, ink, elektroniese skandeerders vir identiteitsdokumente en vervoer.

Landwyd was daar 22 925 stemlokale.

Die OVK het sy 1 033 heeltydse werknemers tydelik tot 324 850 vermeerder.

Die OVK het ook 6 000 deeltydse werknemers wat tussen verkiesings sewe maande op ’n slag besig is met uitreiking- en inligtingsveldtogte om registrasie aan te moedig. Dié mense word uit die OVK se gewone begroting betaal.

R180 miljoen uit die OVK se mediumtermynbegroting is vanjaar gebruik om kiesers se adresse te bevestig.

R500 miljoen is uit die OVK se mediumtermynbegroting beskikbaar gestel vir die vervanging van ou elektroniese skandeerders, of zip-zips. R180 miljoen hiervan is gebruik om vir vanjaar se verkiesing voor te berei.

Die skandeerders word gebruik om toegang tot stembusse te moniteer.

verkiesing,koste

Meer oor:  Verkiesingskommissie (Ovk)  |  Indië  |  Vsa  |  Nasionale Verkiesing  |  Staatskas  |  Stembus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.