Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Groei in staatsdiens taan

Nadat indiensneming in die staatsdiens in die tweede kwartaal van 2014 ’n hoogtepunt bereik het, daal dit nou stelselmatig ás die syfers aangepas word deur alle verkiesingsverwante poste uit te laat, sê die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) in sy kwartaallikse bulletin vir die eerste kwartaal van 2018.

Volgens die SARB het die regering se verbintenis tot fiskale konsolidasie tot laer indiensneming bygedra. In 2014 was die gemiddelde jaarlikse groei in indiensneming in die staat 3,2%, maar teen 2017 het dit met 1,3% ingekrimp.

Die gemiddelde jaarlikse groei in indiensneming in die private sektor was ook pap in 2017, hoewel dit effens versnel het en teen 0,5% gegroei het vergeleke met groei van 0,2% in 2016, lui die bulletin.

Die gemiddeld waarteen werkers in die formele sektor (private en openbare sektor, maar landbou uitgesluit) se nominale vergoeding op ’n jaargrondslag toegeneem het, het versnel van 5,8% in 2016 tot 6,5% in 2017 weens sterk groei in staatsamptenare se vergoeding.

Dié groei het die 2017-inflasiesyfer oorskry, maar was laer as die gemiddelde salarisverhoging wat binne bedingingsrade onderhandel is.

Volgens die SARB het die gemiddelde jaarlikse groei in staatsdiensvergoeding per werker aansienlik versnel van 7% in 2016 tot 11,3% in 2017.

Meer oor:  Indiensneming  |  Poste  |  Staatsdiens  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.