Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Groei in verkope hou nie tred met stygende huurgeld

Die meeste van die genoteerde kleinhandelaars in die land sukkel omdat swak ekonomiese groei en hoë werkloosheid verbruikersvertroue en besteding kniehalter.

Edcon, die moedermaatskappy van winkels soos Edgars, Edgars Active, Jet, Jetmart en CNA, het die afgelope paar jaar markaandeel verloor weens ’n verandering in verbruikers se inkopiegedrag en te veel kleinhandelruimte.

Onlangse handelsyfers van genoteerde kleinhandelaars toon dat die groei in verkope sukkel om tred te hou met die groei in hul huurgeld.

Ontleders is ook bekommerd oor hoe Edcon se finansiële ellendes gaan uitspeel en die rimpeleffek daarvan op ander kleinhandelaars in die uitdagende ekonomiese omgewing.

In die derde kwartaal van verlede jaar was die gemiddelde groei in kleinhandelverkope 1,5%, blyk dit uit Catalyst Fondsbestuurders se nuutste verslag oor genoteerde eiendom. Dié lae groei bring kleinhandelaars se koste van okkupasie toenemend onder die vergrootglas.

Die okkupasie-koste-verhouding is ’n belangrike instrument wanneer winkelsentrums ontleed word om te bepaal of huurders huurgeld wat bo, teen, of onder volhoubare vlakke is, betaal. ’n Dalende verkoopsvertoning en stygende huurgeld op ’n jaargrondslag, kan tot onvolhoubare okkupasievlakke lei.

Kontraktuele huurgeld-stygings, wat tans tussen 6% en 8% is, bly ver bo die groei in handelsdigtheid (omset per m²) van gemiddeld 1,4%, wat tot gevolg het dat die huur-tot-verkope-verhouding hoog bly in die verskillende kleinhandel-subsektore. In superstreeksentrums was dié verhouding in September verlede jaar 11,2%, gevolg deur 8,9% in streeksentrums, 5,4% in gemeenskapsentrums en 5,7% in buurtsentrums, volgens die Vereniging van Eiendomseienaars van Suid-Afrika (Sapoa) se kleinhandelsverslag.

Die olifant in die kamer is egter die sukkelende kleinhandelreus Edcon, wat ’n beduidende huurder in die kleinhandel-eiendomsektor is.

Edcon, die moedermaatskappy van winkels soos Edgars, Edgars Active, Jet, Jetmart en CNA, het die afgelope paar jaar markaandeel verloor weens ’n verandering in verbruikers se inkopiegedrag en te veel kleinhandelruimte.

In Desember het die Edcon-groep ’n omkeerplan bekend gestel, maar nie veel daaroor uitgewei nie, behalwe dat Edcon eienaars van winkelsentrums vir ’n sogenaamde huurvakansie van twee jaar sal vra.

Catalyst sê hoewel die verlies aan markaandeel uniek is in die Suid-Afrikaanse konteks, is dit algemeen aan die internasionale front, waar afdelingswinkels al hoe meer sukkel.

In Desember het die Edcon-groep ’n omkeerplan bekend gestel, maar nie veel daaroor uitgewei nie, behalwe dat Edcon eienaars van winkelsentrums vir ’n sogenaamde huurvakansie van twee jaar sal vra.

Keillen Ndlovu, hoof van Stanlib se genoteerde eiendomsfondse, sê gegrond op inkomste is die genoteerde eiendomsektor se blootstelling aan Edcon sowat 2%. Hyprop, die eiendomsfonds wat op winkelsentrums fokus, se blootstelling is 6,7%, gevolg deur Liberty Two Degrees met 5,7% en Resilient met 4,2%.

Hy sê Stanlib is bekommerd oor die rimpeleffek op ander kleinhandelaars indien Edcon sou ondergaan. Hy beskou dit as ’n risiko vir die toekomstige vertoning van die genoteerde eiendomsektor omdat dié sektor se blootstelling aan kleinhandeleiendom 57,2% is.

Catalyst sê hoewel aanlyn inkopies plaaslik sterk groei, in ooreenstemming met internasionale tendense, verteenwoordig dit plaaslik tans net 1% tot 2% van die totale kleinhandelverkope. Daar word verwag dat sommige van die kleinhandelaars se aanlyn verkope teen dubbelsyfers sal groei, maar dat dit tyd sal neem voordat dit ’n beduidende impak op die Suid-Afrikaanse kleinhandellandskap sal hê.

Anton de Goede, eiendomsportefeuljebestuurder by Coronation, verwag dat aanlyn inkopies op lang termyn ’n betekenisvolle uitwerking op stedelike kleinhandel kan hê. Hy glo dat dit kategorie-spesifiek sal wees en dat boeke, musiek en elektroniese toerusting goed sal vaar. “Aanlyn inkopies in Suid-Afrika gaan egter nie gou by die vlakke van Europa uitkom nie.” In Wes-Europa verteenwoordig aanlyn inkopies 9% van kleinhandelverkope en in Brittanje 18%, sê hy.

Navorsing deur World Wide Worx toon dat klere die snelsgroeiende sektor vir aanlyn inkopies in Suid-Afrika is.

Meer oor:  Edcon  |  Stanlib  |  Coronation  |  Kleinhandel  |  Aandeelmark  |  Besteding  |  Werkloosheid  |  Verbruikersvertroue
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.