Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Groei slaan rem aan in SA
Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

Die remligte brand rooi oor Suid-Afrika se groeivooruitsigte.

Pas het die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) van die Universiteit Stellenbosch Suid-Afrika se groeivooruitsig vir die res van die jaar van 1,9% tot 1,4% verlaag.

“Die tweede kwartaal het ’n strak terugkeer tot die werklikheid gebring ná die euforie wat die eerste kwartaal van 2018 gekenmerk het,” het die BEO Vrydag in sy verslag gesê.

Dié euforie verwys na die golf van optimisme wat oor die land gespoel het ná die verandering in die land se politieke leierskap in Februarie met die aanwysing van pres. Cyril Ramaphosa as president.

Die Buro sê verder daar is aanduidings dat die swakhede wat tot die eerste kwartaal se inkrimping in die bruto binnelandse produk (BBP) gelei het, in die tweede kwartaal voortduur.

Daarby moet die land beleidsvoorstelle oorweeg “wat waarskynlik nie die nodige balans tussen ’n transformasie-agenda en die skep van groei vir die sakesektor sal handhaaf nie” lui die BEO se verklaring.

Die vervaardigingsektor se aankoopbestuurdersindeks (PMI) het tot sy laagste vlak in drie maande teruggesak.

Aan die begin van Junie het die Reserwebank aangekondig dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) in die eerste kwartaal vanjaar met 2,2% gekrimp het, en onlangse data oor die vervaardigingsektor se aankoopbestuurdersindeks (PMI) het ook teleurgestel toe die indeks tot sy laagste vlak in drie maande gesak het.

Ekonome sê dit is ’n gevaarteken vir die ekonomie.

“Die skade aan sakevertroue is nog nie herstel nie,” sê Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec.

Sy sê laer vertroue lei op sy beurt weer tot laer ekonomiese groei.

Investec het ook sy groeivooruitsig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie afwaarts aangepas – van 1,8% tot 1,4%.

“Die aanvanklike vrystelling van data vir die tweede kwartaal dui nie daarop dat die ekonomie sal terugbons ná sy swak vertoning in die eerste kwartaal nie – soos die geval in 2016 en 2017 was nie,” sê die BEO.

Die Buro het ook sy vooruitsigte vir die rand taamlik afgeskaal weens groeiende internasionale risiko en die verlies aan momentum van Ramaphosa se ekonomiese hervormings.

Hy verwag dat die geldeenheid tot aan die einde van 2019 in ’n breë band tussen R13 en R14 teen die dollar sal verhandel.

Meer oor:  Beo  |  Cyril Ramaphosa  |  Bbp  |  Ekonomie  |  Pmi  |  Ramaforie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.