Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Groener moet meer inklusief beteken - Mokonyane

Regerings moet die politieke wil toon om na die groen ekonomie te skuif, maar die skuif moet regverdig wees.

Van links op ’n mediakonferensie tydens die Page-konferensie was Kimmo Tiilikainen, Finse minister van omgewing, Nomvula Mokonyane, Suid-Afrikaanse minister van omgewingsake, en Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie. Foto: Francois Williams

Almal moet saamgeneem word, het Nomvula Mokonyane, minister van omgewingsake, Donderdag gesê.

Kimmo Tiilikainen, Finse minister van omgewing, was saam met Mokonyane op ’n mediakonferensie tydens die derde konferensie van die Partnership for a Greener Economy (Page).

Page is ’n gesamentlike projek van ’n reeks VN-agentskappe wat belas is met klimaatsverandering en die skuif na ’n groener ekonomie.

Tiilikainen sê Finland was ’n vroeë ondersteuner van die Page-inisiatiewe.

Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie, sê dis belangrik dat werkers nie gedwing word om te kies tussen die behoud van hul bestaande werk en die groen ekonomie nie, want hulle sal bloot kies om hul bestaande werk te behou. Die oorgang moet dus vergemaklik word deur te belê in nuwe vaardighede.

Oor herwinning en die gevaar van plastiekbesoedeling vir die oseane het Tiilikainen gesê die voordeel van konferensies soos Page is dat Finland se kundigheid en ervaring met herwinning gedeel kan word met ander lande se afgevaardigdes.

Mokonyane het beklemtoon billikheid en transformasie in Suid-Afrika kan bevorder word deur strategiese groenekonomie-beleggings in sektore soos infrastruktuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.