Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Groen-werk moet ook goeie werk wees’

Internasionaal kan die groen-ekonomie teen 2030 tot 24 miljoen nuwe werkgeleenthede skep, sê Guy Ryder, direkteur-generaal van die Internasionale Arbeidsorganisasie (ILO).

Die groenekonomie gaan werk skep, maar dit verg nuwe vaardighede.

Ryder het op die derde konferensie van die Partnership for a Greener Economy (Page) in Kaapstad verduidelik dit gaan egter ook die verlies aan 6 miljoen werkgeleenthede veroorsaak, met dus ’n netto toename van sowat 18 miljoen werkgeleenthede.

Maar dit sal werkgeleenthede wees in nuwe gebiede wat nuwe vaardighede vereis.

Ryder het in ’n paneelbespreking op die konferensie egter gemaan dat nie elke “vuil” werkgeleentheid (byvoorbeeld in die myn- of in die oliebedryf) ’n slegte werkgeleentheid is nie, en nie elke “skoon” werkgeleentheid noodwendig ’n goeie werkgeleentheid is nie.

Hy bedoel daarmee dat die oorgang na ’n groen ekonomie billik en regverdig moet wees, en dit moet sorg dat werkomstandighede in die groen ekonomie “ordentlik”, waardig en goed moet wees. Dieselfde uitbuiting van werkers in die bestaande ekonomie moenie herhaal word nie.

Nomvula Mokonyane, Suid-Afrika se nuwe minister van omgewingsake, het beklemtoon die skuif na ’n groener ekonomie moet ook nie nalaat om agtergeblewe gemeenskappe op te hef en tot transformasie by te dra nie.

Rita Schwarzelühr-Sutter, Duitse minister van omgewing, natuurbewaring en kernveiligheid, het in die paneelbespreking gesê daar is baie kapitaal opgesluit in byvoorbeeld pensioenfondse wat benut kan word om in die groen ekonomie te belê.

In ’n peiling onder die afgevaardigdes op die Page-konferensie het 43% van 155 deelnemers gemeen die belangrikste faktor om welvaart van lande te verbeter is die gelyke verdeling van hulpbronne.

Meer oor:  Nomvula Mokonyane  |  Klimaat  |  Werkskepping  |  Klimaatsverandering  |  Omgewing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.