Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Groothandel se verkope daal
Groothandelsverkope van brandstof het in April met 8,5% tot R33 miljard gedaal.

Groothandel in Suid-Afrika het in April in ooreenstemming met die ekonomie se lustelose vertoning weer stoom verloor.

April se groothandelsyfers het met 2,6% teenoor ’n jaar gelede teruggesak, toon Statistieke SA se syfers wat Donderdag uitgereik is. Dit is reeds die vierde opeenvolgende daling in dié syfer vanjaar.

Gemeet in reële terme het groothandelaars R130 miljard se goedere in April 2018 verkoop, wat laer as Maart se R150 miljard en April 2017 se R134 miljard is.

In nominale waarde (dus sonder om inflasie te verreken) het April se groothandelsverkope op ’n maandgrondslag met 3,2% teruggesak en in April op R150 miljard te staan te kom, laer as Maart se R171 miljard, maar ’n raps hoër as April 2017 se R147 miljard.

Tot 22% van die totale groothandelsverkope bestaan uit brandstofverkope, en hier het die styging in die petrol- en dieselpryse weens hoër belasting beslis ’n negatiewe uitwerking gehad. Die jaarlikste styging in die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefondsheffing word in April van krag en het tot 52c per liter tot die verhoging in brandstofpryse bygedra.

Groothandelsverkope van brandstof het in April met 8,5% tot R33 miljard gedaal, teenoor Maart se verkope van R36 miljard.

Die verhoging van een persentasiepunt in belasting op toegevoegde waarde (BTW) het veroorsaak dat die groothandelswaarde van voedsel wat in April verkoop is, met 15% op ’n maandgrondslag gedaal het – van R28 miljard tot R24 miljard.

Die groothandelsverkope vir April lyk selfs swakker as die kleinhandelsverkope wat in April vergeleke met ’n jaar gelede met 0,5% gestyg het. Dis gemeet in reële terme, dus wanneer prysstygings buite rekening gelaat word.

Meer oor:  Statistieke Sa  |  Ssa  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.