Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Guptas se Oakbay steek kop uit op SAID-sitting
Die omstrede Gupta-broers.

Die omstrede Gupta-familie se Oakbay Investments het tot hewige debat op die sittings van die Nugent-kommissie gelei.

Tom Moyane, geskorste kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het voorheen bewerings ontken dat hy die terugbetaling van R70 miljoen se belasting op toegevoegde waarde (BTW) aan Oakbay Investments, ’n Gupta-beheerde maatskappy, deurgedruk het.

Refiloe Mokoena, die SAID se regshoof, het uiteindelik toegelaat dat die geld in die derde party se rekening inbetaal word.

Ismail Momoniat, adjunk-direkteur-generaal van die tesourie, het Woensdag tydens openbare sittings wat in Brooklyn, Pretoria, gehou word, verduidelik kragtens art. 72 van die Belastingwet het die SAID die diskresionêre mag om onder buitengewone omstandighede BTW terug te betaal.

Momoniat sê hy verstaan glad nie hoekom daar die indruk was dat al Oakbay se bankrekeninge gesluit was nie.

“Dit was welbekend dat Oakbay rekeninge by die Bank of Baroda gehad het.

“Hulle het dit self erken toe hulle die hofsaak aanhangig gemaak het juis om te keer dat Bank of Baroda uit Suid-Afrika kon onttrek,” sê hy.

Momonait het erken dat selfs al betaal ’n dwelmhandelaar belasting, en word hy BTW geskuld, moet die SAID hom of haar terugbetaal.

“Ons bedryf nie ’n spazawinkel nie,” het hy na die SAID verwys.

Hy sê prosesse moet gevolg word.

Op ’n vraag deur afgetrede regter Robert Nugent, wat aan die hoof van die kommissie staan, het Momonait erken dat betalings soos dié aan die Guptas definitief die geloofwaardigheid van die SAID in twyfel trek.

Hy sê om te verseker mense betaal hul belasting moet die diens “skoner as skoon wees”.

Yunus Carrim, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies, het in Maart gesê hy het die kwessie waar BTW vir die Guptas aan ’n derde party betaal is, na die parlement se regsdienste verwys.

Die geld is in ’n bankrekening van Terbium Financial Services betaal.”

“Interessant genoeg is Terbium blykbaar verdeeld oor of dit wettig was,” het hy tóé gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.