Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Handelsoorlog plaas druk op rand
’n Dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R14,39 kos. Foto: Elvira Wood

Die handelsoorlog tussen die VSA en China steun tans die dollar terwyl dit druk op ander geldeenhede en ook die goudprys plaas.

In die nuutste verwikkeling het Google gehoor gegee aan pres. Donald Trump se besluit om sanksies toe te pas teen die Chinese tegnologiereus Huawei.

Reuters se kommer wêreldwyd oor presies hoe dié geskil tussen die twee lande kan ontwikkel, het beleggers na die dollar gelok. Selfs goud het deurgeloop en die prys vir dié edelmetaal het tot $1 275,84 per fynons gedaal.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R14,39 teenoor die dollar verhandel.

Buiten vir die dollar wat internasionaal sterk vertoon, kan plaaslike gebeure later dié week verdere druk op die rand plaas.

Die Reserwebank maak Donderdag sy nuutste besluit oor rentekoerse bekend terwyl die kredietgradeerder Standard & Poor’s Global Services Vrydagaand sy besluit oor die land se kredietgradering bekend maak.

Die rand het vroeg Dinsdagoggend teen R18,31 teenoor die Britse pond en R16,06 teenoor die euro verhandel.

Met hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 275,84 per fynons.
  • Platinum: $816 per ons.
  • Olie: $72,14 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $7 911,13/R120 101
  • Ethereum: $250,43/R3 801

Meer oor:  Google  |  Huawei  |  Donald Trump  |  Dollar  |  Rand  |  Handelsoorlog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.