Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Handelspakt tussen SA en Brittanje beklink vir ná Brexit

Suid-Afrika het ’n nuwe handelsooreenkoms met Brittanje beklink wat van krag sal word as Brittanje sonder ’n handelsooreenkoms uit die Europese Unie (EU) wegbreek.

ebrahim patel
Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid. Foto: Daily Sun

Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, het Woensdag in die parlement gesê Suid-Afrika en vyf van sy buurlande in Suider-Afrika het ’n ooreenkoms met Brittanje gesluit wat ’n gladde oorgang in handelsbande sal verseker ingeval Brittanje sonder ooreenkoms uit die EU tree.

Brittanje mik om teen einde Oktober amptelik uit die EU te tree, maar tans is daar nog nie ’n handelsooreenkoms tussen Brittanje en die EU nie.

Volgens Patel sal die nuwe ooreenkoms effektief ’n voortsetting wees van die bestaande handelsooreenkoms met die EU wat betref tariewe, kwotas, regulasies oor veiligheid en gesondheid, en oorsprongreëls.

Dean Macpherson, DA-woordvoerder oor handel en nywerheid, het die nuus verwelkom.

Suid-Afrika voer tans R140 miljard se goedere na Brittanje uit, waarvan R10 miljard van Wes-Kaapse bedrywe soos vrugte en wyn kom. Die handelsooreenkoms sal meer as 175 000 werkgeleenthede help in stand hou.

Patel sou Woensdagmiddag ’n mediakonferensie oor die ooreenkoms gehou het, maar dit is uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.