Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Harleys en meer nou skielik duurder vir Europeërs
’n Harley Davidson-motorfiets van 1942. Die Europese Unie se invoertariewe op Amerikaanse motorfietse is Vrydag tot 25% verhoog.Foto: Beeld

Dis Trump se skuld dat Harley Davidson-motorfietse nou skielik duurder is vir Frankfurters en Parysenaars wat ’n middeljarekrisis beleef.

Een na die ander land kry Amerika nou met sy eie medisyne terug deur straftariewe op Amerikaanse invoergoedere te hef in reaksie op pres. Donald Trump se omstrede handelsbeleid.

Die Europese Unie het Vrydag invoerheffings geplaas op lemoensap, bourbon whiskey en motorfietse uit Amerika. Dit dek bykans 2,8 miljard (sowat R44,2 miljard) se goedere wat Europa jaarliks van Amerika invoer.

Benewens Harley Davidson-motorfietse sluit die Amerikaanse produkte wat nou ’n invoertarief van 25% sal hê, grondboonbotter en bosbessies (cranberries) in. Amerikaanse skoene, klere en wasmasjiene sal egter ’n 50%-tarief kry.

Die tariewe wat Amerika op die EU toepas, “druis teen alle logika en geskiedenis in”, het Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie, volgens die BBC gesê.

Hoekom doen Trump dit?

Trump glo as Amerika ’n handelstekort het – as hy meer invoer as wat hy uitvoer – trek hy aan die kortste ent.

Trump is veral omgekrap oor die wanbalans in Amerika se handel met China en Mexiko. Hy wil deur die invoertariewe “die Amerikaanse werker eerste stel”.

Die handelstekort spruit egter waarskynlik ook uit ’n sterker Amerikaanse ekonomie wat Amerikaanse verbruikers aanspoor om meer ingevoerde goedere te koop.

Dit volg op Indië en China se besluit om ook hul tariewe op invoer uit Amerika te verhoog. Indië gaan sy invoertariewe op 29 Amerikaanse produksoorte verhoog. Dit sluit landbougoedere en staal- en ysterprodukte in. Indië se nuwe heffings tree op 4 Augustus in werking en sal onder meer Amerikaanse amandels, okkerneute en kekerertjies raak. Indië is ’n groot aankoper van Amerikaanse amandels en die hoër tariewe sal na verwagting Amerikaanse boere benadeel.

Dit kom alles nadat Trump in Maart aangekondig het hy gaan tariewe van 25% op staal en 10% op aluminium plaas wat Amerika invoer. Dit is aanvanklik uitgestel, maar het nou op 1 Junie in werking getree.

Ook Suid-Afrika se staaluitvoer na Amerika word hierdeur geraak, en dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het al gewaarsku Suid-Afrika kan vertrap word soos wat die groot handelsolifante met mekaar baklei.


Meer oor:  Donald Trump  |  Amerika  |  Europese Unie  |  Invoertariewe  |  Handelsoorlog  |  Motorfietse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.