Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Hartmunt’ wen internasionale prys

’n R2-silwermunt wat die eerste hartoorplanting uitbeeld, is bekroon as die munt wat ’n hedendaagse gebeurtenis wêreldwyd die beste uitbeeld.

Die “hartmunt” waar die klein tiekie duidelik te sien is op die groter kroon. Foto: SA Munt

Die munt het onlangs dié prys in Berlyn, Duitsland, gewen op die Munt van die Jaar-kompetisie wat deur Krause Publications aangebied word.

Die herdenkingstel bestaan eintlik uit twee munte: ’n kroon (die R2-stuk) en ’n tiekie (2,5c). Die kroon beeld aan die agterkant ’n torso uit met ’n sirkel waar die hart is, en die tiekie is ontwerp om daarin te pas. Dit beeld die hartoorplanting uit.

Aan die voorkant van die kroon is ’n protea en daarop staan “South Africa” en “2017”.

Die letters CNB kom ook daarop voor. Dit is die voorletters van prof. Christiaan Neethling Barnard, wat die eerste hartoorplanting gedoen het.

Lees ook: Munte met hart vier Chris Barnard se oorplanting

In Krause Publications se kompetisie is daar buiten die afdeling vir die beste uitbeelding van ’n hedendaagse gebeurtenis nege ander afdelings waarin toekennings gedoen word.

Die SA Munt, wat die hartmunt gemaak het, is in 2009 bekroon in die afdeling vir die beste goue munt vir sy munt van een fynons “Witrenoster-safari deur Afrika” en het in 2012 die Munt van die Jaar-prys gewen vir sy halffynons- goue munt die “Natuur se familie – die meerkat”.

Meer oor:  Hartoorplanting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.