Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Heftige debat oor tesourie-begrotingspos
'n Passasier stap verby die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se toonbank in die Heathrow-lughawe by Londen.

Dit wek kommer dat die R4,8 miljard wat as nog ’n reddingsboei vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bestem is nog nie in die begroting ingesluit is nie.

Dit is ook kommerwekkend dat Eskom nog R20 miljard nodig het om vir steenkoolaankope te betaal, het Thandi Tobias, waarnemende voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies, Dinsdag gesê.

Tobias het in die begrotingsposdebat oor die nasionale tesourie gesê die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeurs (Irba) moet diep delf in die sake van die internasionale meubelhandelaar Steinhoff.

David Maynier, DA-woordvoerder van finansies en lid van die staande komitee oor finansies, sê die parlement is uiteindelik verantwoordelik vir besteding-afwykings in die staatsfinansies en dien jaarliks bloot as ’n rubberstempel vir die fiskale raamwerk. Dié opmerking het ’n uitjouery uit ANC-geledere ontlok.

Maynier het ’n wetsontwerp voorgestel om fiskale reëls neer te lê wat die regering wetlik sal verplig om by sekere skuldvlakke te hou. Met sulke wetgewing in plek sou Malusi Gigaba, vorige minister van finansies, nie die soort mediumtermynbegrotingsraamwerk kon bekend maak wat hy in Oktober gedoen het nie, sê Maynier.

Floyd Shivambu, EFF-woordvoerder oor finansies, sê as die EFF in 2019 aan bewind kom sal hy sorg dat die regering staatsbanke kan stig. Die EFF wil ’n privateledewetsontwerp indien om die private eienaarskap in die Reserwebank te staak. Shivambu meen die Openbare Beleggingskorporasie se skuldbeleggings in Eskom en die SAL moet in ekwiteit omgeskakel word.

Die EFF steun nie die tesourie-begrotingspos nie want hulle glo die ANC word deur lafaards gelei, sê Shivambu.

Mhluleko Hlengwa, IVP-lid van die staande komitee oor finansies, sê dis tyd dat die SAL verkoop word, onder luide protes vanuit die ANC-geledere.

Saziso Kwankwa, UDM-lid van die komitee, het die verhoging van BTW gekritiseer. Kwankwa sê in die konteks van Suid-Afrika se inkomsteongelykheid sou dit meer sin maak om maatskappybelasting te verhoog as om BTW te verhoog wat die armes die ergste tref.

Wouter Wessels, VF Plus-parlementslid, se spreekbeurt oor die begrotingspos was bykans onhoorbaar weens volgehoue luide uitjouery deur ANC-agterbankers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.