Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Helfte van staat se tydelike poste al geskep

Van die mikpunt van 800 000 tydelike werkgeleenthede wat die regering wou skep binne die lopende boekjaar, is meer as 400 000 geleenthede al “ondersteun”, volgens ’n verslag oor die presidensiële werkskeppingsplan wat Dinsdag uitgereik is.

Openbarewerkeprogramme gaan meer mense in diens neem as deel van die poging om werk te skep.

Pres. Cyril Ramaphosa het die plan op 15 Oktober in die parlement aangekondig as deel van die ekonomiese herstelplan en om te reageer op die grootskaalse werkloosheid wat deur die Covid-19-inperking veroorsaak is.

Meer as twee miljoen mense in die formele sektor het hul werk verloor in die maande waarin die regering die ekonomie feitlik afgeskakel het in ’n poging om die pandemie te keer.

Van die programme waarmee al begin is, sluit in:

  • Die departement van basiese onderwys wat 300 000 mense by skole in diens wil neem as onderwys- en algemene assistente;
  • Die Nasionale Kunsteraad en die Nasionale Rolprent- en Videostigting het versoeke uitgestuur vir voorstelle om die sektor te steun en om poste by kultuurinstansies te beskerm;
  • Die departement van handel, nywerheid en mededinging het sy aansporing uitgebrei vir ondernemings in die sakeproses-uitkontrakteringsbedryf om meer jong mense aan te stel;
  • Die departement van openbare werke en infrastruktuur het sy openbare-indiensnemingsprogramme vir onder meer water- en energiedoeltreffendheid en afvalbestuur uitgebrei, asook vir die Welisizwe-program vir die bou van brûe in landelike gebiede; en
  • Die departement van omgewing, bosbou en visserye het sy openbare-indiensnemingsprogramme uitgebrei in omgewingsbewaring, infrastruktuur en hulpbronbestuur.
k
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.