Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Heropbou ná brande sal Knysna laat groei
Die verwoestende brande by Knysna vroeër vanjaar het nagenoeg 1 960 huishulpe en tuinwerkers minstens ’n dag per week aan inkomste gekos.

Knysna se ekonomie kan vanjaar met 4% groei, grootliks vanweë die heropbou van die dorp ná die verwoestende brande, sê dr. Willie Cilliers, voorsitter van die Afrikaanse Handelsinstituut (AHi) in die Wes-Kaap.

Voorlopige syfers toon die versekerde skade beloop bykans R4 miljard. Die beraamde groeikoers bring dié versekeringsgeld en die verlies aan werksgeleenthede in berekening.

Volgens Kam Chetty, Knysna se munisipale bestuurder, kan die ekonomie die volgende drie jaar elke jaar gemiddeld met 3% groei – beter as die afgelope paar jaar. In 2011 het die ekonomie met 2,5% gegroei en daarna met sowat 2% per jaar.

Chetty sê die omvang van die skade aan munisipale eiendom beloop sowat R145 miljoen. Voeg hierby die sowat R4 miljard tot R5 miljard se skade aan private eiendom.

Cilliers sê werksgeleenthede kan in die konstruksiesektor, wat 12% van die ekonomie beslaan, geskep word.

Luidens ’n streekverslag deur die Wes-Kaapse regering wat in 2015 oor Knysna opgestel is, het dié dorp die derde grootste ekonomie in die Edendistrik: In 2013 was dit 12% of R4,3 miljard van die distrik se R33,6 miljard. George is die grootste (30%), gevolg deur Mosselbaai (28%).

Knysna het voor die ramp 13% van die werksgeleenthede verskaf; ­George 28% en Mosselbaai 24%.

Volgens beramings het 1 960 huiswerkers en tuinwerkers minstens een dag van die week se werk verloor; en 281 mense het in ’n peiling gesê hulle gaan nie ’n inkomste ontvang van die ondernemings waarvoor hulle voor die brande gewerk het nie.

Meer oor:  Ahi  |  Knysna  |  Versekering  |  Knysna-Brande  |  Konstruksie  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.