Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hier is SA se nuutste ‘armoedelyne’

R561 per maand: Dís hoeveel geld jy volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) nodig het om kos met net-net genoeg kilojoules te koop sodat jy nie van die honger omkom nie.

ouers
Huishoudings wat minder as R561 per persoon per maand verdien, word as uiters armoedig beskryf. Foto: Pixabay

Dié bedrag is Suid-Afrika se “kosarmoedelyn”, oftewel die ekstreme armoedelyn.

Met R810 per maand kan jy net-net genoeg kos koop vir jouself, sowel as jou deeltjie bydra tot huishoudelike uitgawes in ’n huishouding wat op die kosarmoedelyn leef. Dié bedrag word as die onderste armoedelyn beskryf.

R1 227 is die bedrag wat jou aan die boonste grens van die armoedelyn plaas.

SSA reik sedert 2012 jaarliks ’n armoedelyn uit. Die bedrag word bereken op grond van die kos wat baie arm huisgesinne wel gebruik.

Die doelwit van die armoedelyn is om ekstreme armoede in Suid-Afrika te kan meet. Dit is nié waarop dinge soos die nasionale minimum loon of staatstoelae gegrond word nie, beklemtoon SSA.

Die kosmandjie sluit uiters basiese kossoorte in, soos mieliemeel, bruinbrood, hoender (kop en pootjies ingesluit), geblikte sardiens, aartappels, tamaties, uie, kitskoffie, soppoeier en suiker.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.