Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hoër PMI ‘eintlik maar weens stakingsvrese’

Ondanks die skerp versterking in Absa se aankopebestuurdersindeks (PMI) in Julie, wink volgehoue herstel nie vir die vervaardigingsektor nie.

Personeel werk in 'n klerefabriek in Caledon.

Dit het met 5,9 punte tot 52,1 punte gestyg en was vir die eerste keer sedert Desember 2018 bo die vlak van 50, wat op groei in die sektor dui.

Die indeks het vyf subindekse, naamlik produksie, nuwe bestellings, indiensneming, aankope van verskaffers en voorraad.

Kamilla Kaplan, senior ekonoom van Investec, sê die skielike verbetering in twee uit die vyf subsektore – nuwe bestellings en produksie – word oënskynlik deur vrees oor dreigende stakings gedryf.

Sy sê daar kan afgelei word dat sektore wat besig is met loononderhandelings, soos die motorvervaardigings- en die platinumbedryf, produksie verhoog het of ’n toename in die vraag na hul produkte ondervind het namate voorberei word op moontlike stakings wat produksie in die wiele kan ry.

As dit die geval is, sal die styging in die PMI in Julie waarskynlik nie herhaal word nie.

Lisette IJssel de Schepper van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO), wat Absa se PMI saamstel, sê in die lig van “toenemende kommer oor die gesondheid van die wêreldwye vervaardigingsektor, sal ’n mens moet sien of hierdie verbetering in die toekoms volgehou kan word”.

Sy het reeds in Junie, toe die PMI nog op 46,2 punte was, voorspel dat hoewel dit waarskynlik gaan verbeter, is daar nie tekens van ’n volhoubare verbetering nie.

IJssel de Schepper sê ’n verdere bron van kommer is dat die onderafdeling van die verwagte saketoestande skerp verswak het. Dit het was in Julie op 54,5 punte terwyl dit twee maande vroeër nog op 62,3 punte was.

Meer oor:  Absa  |  Vervaardiging  |  Aankopebestuurdersindeks  |  Vervaardigers  |  Pmi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.