Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hoër rente knou verkope van nuwe voertuie
Foto ter illustrasie. Foto: Getty Images

Die rentekoersverhoging in November het ’n demper op plaaslike motorverkope geplaas.

Dit was 4,6% of 2 265 laer as in November 2017 op 47 486 eenhede.

Die nasionale vereniging vir motorvervaardigers (Naamsa) se jongste syfers bevestig dat die volgehoue ekonomiese druk op verbruikers die verkope van nuwe voertuie knou. Vir die jaar tot einde November was die totale plaaslike verkope 0,9% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

As al die nuwe voertuie wat in November verkoop is in ’n ry sou staan, sou dit van Kaapstad tot Swellendam op die N2 strek vir bykans 220 km. Dit is sowat 10 km korter as wat so ’n denkbeeldige ry in die ooreenstemmende maand in 2017 sou wees.

Ghana Msibi, besturende hoof van bemarking en verkope van WesBank, sê verbruikersvertroue is nog taamlik hoog, maar die invloed van rentekoersverhogings kan nie geïgnoreer word nie.

“Verdere beplande rentekoersverhogings oor die volgende 12 maande sal nie goed wees vir nuwevoertuigverkope nie.”

Nuwe motorverkope in November 2018 is laer weens d

Msibi sê WesBank se motorfinansieringsdata wys verbruikers is nog gretig om voertuie aan te skaf, maar die vraag het waarneembaar na gebruikte voertuie geskuif. Volgens WesBank se jongste syfers is 69% van alle nuwe finansiering gebruik om gebruikte voertuie aan te skaf.

Verbruikers is nou ook geneig om langer te wag voordat hulle ’n nuwe motor aanskaf.

Die toptien verkopers onder passasiersvoertuie in November:

  • VW Polo
  • VW Polo Vivo
  • Ford Figo
  • Ford Fiesta
  • Toyota Fortuner
  • Toyota Corolla Quest
  • Renault Kwid
  • Toyota Yaris
  • Toyota Etios
  • Hyundai Grand i10


Die toptien verkopers onder ligte handelsvoertuie in November:

  • Toyota Hilux
  • Ford Ranger
  • Nissan NP200
  • Toyota Quantum
  • Isuzu KB
  • Nissan NP300
  • Isuzu D-Max
  • Hyundai H100 Bakkie
  • VW Amarok
  • Nissan Hardbody
Neem kennis:

WesBank sê verbruikers moet die volgende faktore in ag neem as hulle ’n nuwe voertuig wil aanskaf:

  • Die prys van nuwe voertuie gaan na verwagting in Januarie styg, so verbruikers kan ooreenkomste afhandel in Desember en die nuwe voertuig in Januarie registreer sodat hulle aan die een kant op die aankoopprys bespaar en aan die ander kant munt slaan uit die verhoogde waarde van die voertuig in 2019 wanneer hulle die voertuig in die toekoms wil inruil.
  • Gebruik jaareindbonusse om ’n groot deposito te betaal, wat die invloed van hoër rentekoerse sal verminder.
  • Nuwe voertuie se verbeterde tegnologie kan lei tot groot besparings aan bedryfskoste, wat dit op lang termyn ’n beter opsie kan maak as ’n goedkoper gebruikte model.


    Meer oor:  Rentekoers  |  Motorverkope  |  Motorverkoopsyfers  |  Motors
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.