Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Wedrenne met honde se dae dalk getel
Nuwe dobbelwetgewing sal hondewedrenne in Suid-Afrika amptelik verbied. Foto: winner.co.uk

Nuwe dobbelwetgewing is op pad wat hondewedrenne en weddenskappe daarop gaan verbied, en wat casino’s, bingo en ander dobbelmasjiene beter gaan reguleer.

Die parlement se portefeuljekomitee oor handel en nywerheid het vir geskrewe voorleggings oor die nasionale wysigingswetsontwerp oor dobbel gevra, en gaan in Oktober openbare sittings oor die wetsontwerp hou, het Joanmariae Fubbs, voorsitter van die komitee, in ’n verklaring gesê.

Hondewedrenne is spesifiek ’n omstrede kwessie weens besware van diereliefhebbers oor die manier waarop windhonde hanteer word. In verskeie ander jurisdiksies wêreldwyd word honderesies toenemend verbied.

In Australië word gesê tot 18 000 windhonde word jaarliks doodgemaak wanneer daar besluit word hulle is nie meer vinnig genoeg om aan wedrenne deel te neem nie. In Amerika word hondewedrenne in 40 deelstate verbied, en die laaste honderenbaan in Londen is in 2016 gesluit.

Die wetsontwerp sal voorsiening maak vir ’n prosedure waardeur onwettige dobbelprysgeld aan die nasionale dobbelreguleerder verbeurd verklaar kan word.

In Suid-Afrika is hondewedrenne al vir meer as 50 jaar verbied, hoewel die Mail & Guardian in 2008 berig het daar word steeds elke Saterdag honderesies gehou. Daar was toe nog ses honderenbane in die land, met sowat 4 000 windhonde wat aan wedrenne deelneem. Die bedryf wou gehad het die regering moet honderenne wettig om te help met werkskepping, maar dierebeskermingsverenigings het uiteindelik die botoon gevoer sodat die jongste wetgewing uitdruklik honderenne sal verbied.

Die nuwe dobbelwetsontwerp sal sekere definisies in die Nasionale Dobbelwet van 2004 wysig en verwyder sodat die regulering van weddenskappe op die nasionale lotery, op buitelandse loterye en op sportweddenskappe die Nasionale Loterykommissie se verantwoordelikheid word.

Die wetsontwerp sal voorsiening maak vir ’n prosedure waardeur onwettige dobbelprysgeld aan die nasionale dobbelreguleerder verbeurd verklaar kan word. Dit bevat ook regulasies vir die perdewedrenbedryf.

Volgens Fubbs is die wetsontwerp daarop gemik om onder meer breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in die dobbelbedryf te bevorder, om die nasionale dobbelraad as ’n nasionale dobbelreguleerder te herposisioneer, en om die magte en pligte van die dobbelinspekteur te verbeter.

Individue en groepe wat op die wetsontwerp kommentaar wil lewer moet teen Vrydag 12 Oktober skriftelike voorleggings aan die komitee stuur, en die openbare sittings oor die wetsontwerp sal op 23, 24 en 26 Oktober gehou word.

Geskrewe voorleggings moet na ahermans@parliament.gov.za gestuur word.

Meer oor:  Wetgewing  |  Dobbelbedryf  |  Dobbel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.