Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hotelle se inkomste daal, woonwaparke s'n styg

As jy een van die weiniges was wat wel vir vakansie weggegaan het oor Desember, het jy waarskynlik die hoër pryse vir verblyf aan jou sak gevoel.

Woonwaparke het die grootste verbetering in inkomste aangeteken met groei van 13,5% op ’n jaargrondslag. Foto: Seugnet van Zyl

Die toerismebedryf se inkomste het in Desember gestyg vergeleke met die vorige Desember, maar dit was weens hoër pryse eerder as groter verkope.

Volgens die jongste toerismeverblyfsyfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) het die totale toerismeverblyfsektor se inkomste in Desember – dus benewens verblyf ook ingesluit kos-, drank- en ander verwante verkope – met 2,1% op ’n jaargrondslag gestyg.

Die inkomste van slegs verblyf het met 1,2% gestyg, maar dit is vanweë die 1,1%-styging in die prys per eenheid. Daar was geen groei in die aantal verblyfeenhede wat beset is in Desember teenoor 2018 nie.

Woonwaparke het wel die grootste verbetering in inkomste aangeteken met groei van 13,5% op ’n jaargrondslag.

Gasteplase en -huise het hul agteruitgang voortgesit en hul inkomste het met 2,4% gekrimp, terwyl hotelle ook aanhou agteruitboer. Hul inkomste het in Desember vir die derde opeenvolgende maand gedaal.

Hotelle sukkel in die algemeen al geruime tyd met dalende inkomste weens toenemende mededinging, en hul inkomste het in Desember met 1,6% gedaal teenoor 2018.

Hotelle bly egter die grootste kategorie van die toerismeverblyfsektor, en sy agteruitgang het dus die meeste bygedra tot die maand se syfers.

Die tweede grootste kategorie is sogenaamde “ander akkommodasie”, wat dienste soos Airbnb in sluit.

Dié kategorie se inkomste het in die vierde kwartaal met 10,4% gegroei en het dus 29 keer meer bygedra tot die bedryf se inkomstegroei as woonwaparke – die enigste ander kategorie wat groei in die vierde kwartaal aangeteken het.

Meer oor:  Statistieke Suid-Afrika  |  Ssa  |  Toerisme  |  Hotelle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.