Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Huiswerkers ‘mag openbare vervoer gebruik’
Huiswerkers mag onder vlak 3-inperking weer terugkeer werk toe. Foto: iStock

Alle huiswerkers en tuiniers mag inderdaad op vlak 3 terugkeer werk toe – en hulle mag in taxi’s of op ander maniere van openbare vervoer ry om daar te kom.

Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, het Vrydag bevestig huishoudings hoef nie private vervoer vir hul huiswerkers te reël soos groot werkgewers moet nie. In konsepregulasies vir vlak 3 was daar ’n voorstel dat huiswerkers slegs mag kom werk indien private vervoer vir hulle gereël word, maar dit is nie deel van die finale regulasies nie.

Nxesi sê die spesifieke regulasies wat vir openbare vervoer ingestel is, moet help om huiswerkers veilig te hou teen Covid-19-infeksie. Dit sluit in dat getalle op taxi’s beperk word, dat mense maskers moet dra en dat sosiale distansiëring so ver as moontlik toegepas moet word.

Werkgewers moet aan hul huiswerker beskermende toerusting gee, soos ’n masker, en hulle moet toegang tot ontsmettingsmiddel of water en seep hê.

As iemand in ’n huishouding Covid-19 onder lede het, sou dit uiteraard teen die beginsel van selfisolasie wees om ’n huiswerker in die huis toe te laat en haar bloot te stel.

Op vlak 3 lê die regering ook daarop klem dat ouer mense (enigeen bo 60 jaar) en kwesbare mense (onder meer mense met diabetes, asma, hartsiektes, swanger vroue en mense wat ernstig oorgewig is) hulself so ver as moontlik afsonder ten einde besmetting te voorkom.

Daar is steeds vrae oor of verdere regulasies uitgevaardig gaan word vir huiswerkers. In die regulasies wat Donderdag vir vlak 3 uitgereik is, staan: “Toepaslike gesondheidsprotokols en maatreëls vir sosiale distansiëring moet gevolg word vir mense wat in private huishoudings se diens is.”

Nêrens word egter gespesifiseer wat “toepaslike gesondheidsprotokols” is nie.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Huiswerkers  |  Vlak 3  |  Openbare Vervoer  |  Beroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.