Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Hulpfonds se miljarde ingespan vir brandpunte

Die Solidariteitsfonds het R405 miljoen goedgekeur om openbare hospitale in die land se Covid-19-brandpunte te ondersteun.

Die Solidariteitsfonds het al bykans R2 miljard aan die gesondheidstelsel geskenk om die Covid-19-pandemie in bedwang te bring en noodsaaklike mediese toerusting aan hospitale te verskaf. Foto: Solidariteitsfonds

Die fonds sê in ’n verklaring dat die geld tussen die drie brandpunte, Gauteng, die Wes-Kaap en Oos-Kaap verdeel gaan word om die gesondheidstelsel gereed te kry vir die piek van infeksies wat eersdaags op pad is.

Volgens die departement van gesondheid verwag die regering dat 100 000 beddens in algemene sorgeenhede nodig gaan wees, en 26 000 in waakeenhede.

Die Solidariteitsfonds se skenking sal hoofsaaklik gaan om beddens te verskaf in openbare hospitale waar daar tans ’n groot gebrek is.

Die meeste geld is aan Gauteng toegeken – R209 miljoen om hoësorgtoerusting te bekom en die tydelike hospitaalgeriewe by Nasrec aan te vul.

Die Wes-Kaap het R120 miljoen ontvang om beddens te bekom asook ventilators te verskaf aan hospitale se waakeenhede in die provinsie.

Vir die Oos-Kaap is R76 miljoen goedgekeur waar daar ’n groot gebrek is aan beddens in hospitale. In plaas van ventilators is daar ook “hoë-vloei suurstofmasjiene” aangeskaf wat kostedoeltreffender is as indringende ventilators.

’n Bykomende R250 miljoen is goedgekeur om 20 000 ventilators plaaslik te laat vervaardig. Hierdie ventilators sal teen einde Augustus gereed wees, betyds vir die aankoms van die piek van infeksies teen einde September.

Die Solidariteitsfonds het al sedert sy aanvang in Maart meer as R2,097 miljard se uitbetalings goedgekeur.

R1,929 miljard hiervan was regstreeks vir gesondheidsorg.

Die fonds sê teen 9 Julie het hy al R3,02 miljard se beloftes van skenkings ontvang waarvan R2,7 miljard reeds oorbetaal is.

Meer oor:  Solidariteitsfonds  |  Skenkings  |  Covid-19  |  Hospitale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.