Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
IMF en Wêreldbank vergader dié week

Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) en die Wêreldbank hou hierdie week hul jaarvergaderings te midde van die ergste wêreldwye resessie sedert die Groot Depressie.

Die Internasionale Monetêre Fonds en die Wêreldbank hou vandeesweek hul jaarvergaderings in New York.

Die twee instellings se jaarvergaderings is van die hoogtepunte in die ekonomiese kalender, maar vanjaar se byeenkoms in New York word oorskadu deur die impak van die Covid-19-pandemie, met die sukses van ’n ekonomiese herstel wat afhang van hoe gou wetenskaplikes ’n entstof teen die siekte kan kry.

Sowel die IMF as die Wêreldbank vra dat die groep van 20 grootste ekonomieë (G20) hul skuldvakansie aan van die armste lande sal verleng. Die bevriesing van skuldterugbetalings van dié lande verstryk teen die einde van die jaar.

Die IMF het in September sy vooruitskatting vir 2020-groeisyfers effens opwaarts aangepas, maar gewaarsku die herstel sal lank duur en wisselvallig wees.

Hoe kwesbaar sekere lande vir skuld is, en pogings tot hervorming en die herstrukturering van skuld vir lande wat sukkel om hul verpligtinge na te kom, is van die belangrikste temas wat by die vergaderings van die IMF- en Wêreldbank bespreek sal word, het Geoffrey Okamoto, ’n adjunk- besturende direkteur van die IMF, gesê.

Die G20 het in April ingestem om arm lande se skuldterugbetalings van miljarde dollars tot die einde van die jaar uit te stel, maar die Wêreldbank meen dit is nie genoeg nie en wil hê skuld moet verder verlaag word.

Die IMF wil op sy beurt kyk hoe hy reserwebates soos spesiale onttrekkingsregte van ryk lande wat dit nie nodig het nie, aan arm lande wat dit wel benodig, kan oordra.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.