Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
IMF sê SA moet begroting wysig vir onlus-bystand

Die regering moet sy begroting opnuut prioritiseer om hulp te verleen aan ondernemings en individue wat gely het onder die onlangse onluste, sê Max Alier, die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se verteenwoordiger in Suid-Afrika.

Plunderaars steek buitebande buite ’n winkelsentrum in Durban aan die brand tydens die onlangste onluste. Foto: AP

Terselfdertyd moet die hervorming van die ekonomie versnel word sodat inklusiewe ekonomiese groei bevorder word.

“Dit is ’n tragedie, maar terselfdertyd kan ons nie die fiskale realiteite uit die oog verloor nie,” het Alier Vrydag in ’n onderhoud gesê.

Minstens 330 mense is dood en duisende ondernemings in Gauteng en KwaZulu-Natal is geplunder of afgebrand in die onluste wat twee weke gelede uitgebreek het.

Die onluste kan die land sowat R50 miljard kos in verlore produksie en 150 000 poste is in gevaar.

Pres. Cyril Ramaphosa kan moontlik Sondagaand bekend maak dat hulp verleen sal word aan diegene wat geraak is.

Die IMF begryp ??dat nuwe bestedingsprioriteite ontstaan het ná die onluste, maar glo die regering moet ideaal gesproke sy uitgawes herprioritiseer sodat daar geld beskikbaar is vir bystand terwyl die fiskale of begrotingsraamwerk ongeskonde bly.

Afwykings van die vooruitskattings van die nasionale tesourie dat die staatskuld in die 2026-boekjaar op 88,9% van die bruto binnelandse produk ’n hoogtepunt sal bereik, kan die openbare finansies op ’n “plofbare pad” plaas.

As die geld vir die noodlenigingspakket nie dan ten volle gevind kan word nie, moet die regering die strukturele hervorming versnel wat beoog word om private beleggings te lok, ekonomiese groei te lig en werk te skep, volgens Alier.

“Die maatskaplike ondersteuning nou oorweeg word, is ’n tydelike pleister. Die uiteindelike oplossing is om die omstandighede te skep vir mense om werk te kry,” het Alier gesê.

Die IMF sal na verwagting sy vooruitsigte vir die land se ekonomiese groei vir vanjaar Dinsdag van die huidige 3,1% verhoog ná beter as verwagte groei in die eerste kwartaal.

Volgens hom sal die opwaartse aanpassing egter deur die onluste vroeër vandeesmaand beperk word.

Suid-Afrika kan soveel as $4,3 miljard aan nuwe reserwes, bekend as spesiale trekregte (of SDR’s) ontvang wat deur die IMF geskep is om sy lede te help om die verwoesting van die Covid-19-pandemie te oorkom.

Die IMF het in Julie verlede jaar noodlening van $4,3 miljard aan Suid-Afrika toegestaan om die virus te bestry. – Bloomberg

Meer oor:  Imf  |  Onluste  |  Plunderaars  |  Plundery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.