Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
IMF snoei syfers oor SA groei

Van 1,4% tot net 0,4%.

IMF
Die IMF se kantore in Washington, VSA. Foto: Reuters

Dis hoe die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se verwagting vir Suid-Afrika se ekonomiese groei vir 2019 agteruitgegaan het.

Die IMF het Maandag op die vooraand van die Wêreld- Ekonomiese Forum sy kwartaallikse Wêreld- Ekonomiese Vooruitsig uitgereik. Die liggaam het sy groeiverwagting vir 2019 van 0,7% in Oktober tot net 0,4% afgeskaal. Dit was egter in Oktober 2018 so hoog as 1,4%.

Vir 2020 het die IMF sy verwagting van 1,1% tot 0,8% afgeskaal. Vir 2021 word 1% voorspel.

Die IMF sê: “Strukturele beperkinge en die agteruitgang van die staat se geldsake hou sakevertroue en private investering terug.”

Die IMF het ook sy verwagting vir die wêreldekonomie afgeskaal, maar met net 0,1 van ’n persentasiepunt tot 2,9% in 2019 en tot 3,3% in 2020. Vir 2020 is die verwagting met 0,2 van ’n persentasiepunt afgeskaal tot 3,4%.

Die Reserwebank het ook verlede week sy groeiverwagting vir Suid-Afrika vir 2019 afgeskaal tot 0,4%, en die Wêreldbank syne net die vorige week.

Vir 2020 is sowel die Reserwebank as die Wêreldbank nog effens meer optimisties as die IMF, met verwagtinge van onderskeidelik 1,2% en 0,9% teenoor die IMF se 0,8%.

Meer oor:  Imf  |  Wêreldbank  |  Reserwebank  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.