Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie begin 2021 op 3,2%

Die inflasiekoers het 2021 op ’n lae 3,2% begin, marginaal hoër as Desember se 3,1%.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) het kosprysinflasie tot 5,4% teruggesak nadat dit in Desember 6% was.

Daar is egter steeds rede tot kommer oor vleispryse, wat gemiddeld 7,2% duurder as ’n jaar gelede is, en oor die prys van vette en olies, wat gemiddeld 10,5% duurder is. Brood, mieliemeel en ander graanprodukte is gemiddeld 5,1% duurder as ’n jaar gelede.

Kospryse styg met gemiddeld 5,4% op die oomblik. Foto: iStock

Kerninflasie, die maatstaf wat brandstof, krag en kos uitsluit, het vir die tweede maand in ’n ry onveranderd gebly op 3,3%. Dit word as ’n goeie maatstaf beskou omdat dit seisoenale en eksterne faktore uitsluit.

Provinsiale inflasie wissel van 2,8% in Mpumalanga tot 3,6% in die Wes-Kaap.

Pensioentrekkers beleef sowat 3,1%.

Die gemiddelde inflasiekoers vir die hele 2020 was 3,3% - byna ’n persentasiepunt laer as die 4,1% van 2019, het SSA in Januarie bekend gemaak.

Al dié syfers is op gemiddelde bestedingspatrone bereken en huishoudings se inflasiekoers sal uniek wees gegrond op watter produkte of dienste hulle gebruik.

k

Meer oor:  Inflasie  |  Inflasiekoers  |  Vpi2101  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.