Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie daal tot 3%
Kos en nie-alkoholiese drankies is nou 3,9% duurder as ’n jaar gelede.

Inflasie is steeds besig om te daal en is nou aan die onderste punt van die Reserwebank se teikenband.

Inflasie het in September tot 3% gedaal, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) Woensdag aangekondig.

Dit was 3,1% in Augustus.

Op ’n maandgrondslag het dit wel weer gestyg.

Volgens SSA het inflasie tussen Augustus en September met 0,2% gestyg, dieselfde persentasiestyging as wat tussen Julie en Augustus gesien is.

Tussen Junie en Julie het inflasie met 1,3% gestyg, ’n baie hoë maandstyging.

Die Reserwebank se teikenband vir inflasie is 3% tot 6%.

Te lae inflasie is ’n simptoom van die resessie waarin Suid-Afrika verkeer en dui daarop dat kleinhandelaars en diensteverskaffers steeds sukkel om sake te doen en pryse moet verlaag of prysstygings moet beperk.

Kerninflasie, wat die prys van kos, brandstof en krag uitsluit, is 3,3%, effens hoër as in Augustus.

Kos en nie-alkoholiese drankies is nou 3,9% duurder as ’n jaar gelede. Dit is dieselfde as in Augustus.

Tabakpryse is heelwat hoër op jaargrondslag teen 6,8%. Bier is 1,3% duurder, wyn 4,6% en spiritualieë 3,9%. Vrugte is ’n stewige 13,1% duurder as ’n jaar gelede.

Die pryse van diverse goedere en dienste is ’n stewige 6,5% hoër as ’n jaar gelede. Dié styging het ’n volle persentasiepunt tot die totale inflasiestyging bygedra.

Provinsiale inflasie het van 2,6% in Gauteng en Mpumalanga tot 3,6% in die Wes-Kaap gewissel.

Die middelklas se inflasiekoers is steeds onder 3%, op tussen 2,5% en 2,8%.

Die 10% armste huishoudings beleef inflasie van 2,7% (teenoor 2,9% in Augustus) en die 10% rykste huishoudings, wat ’n groter persentasie van hul inkomste aan dienste en luukse goedere bestee, beleef 3,3% inflasie (teenoor 3,4% in Augustus).

Tabakpryse is heelwat hoër op jaargrondslag teen 6,8%. Bier is 1,3% duurder, wyn 4,6% en spiritualieë 3,9%. Vrugte is ’n stewige 13,1% duurder as ’n jaar gelede.

Die rentekoers is vanjaar reeds ses keer verlaag met altesame 3,25 persentasiepunte.

Die repokoers (waarteen die Reserwebank geld aan handelsbanke leen) beloop 3,5% en die prima rentekoers van banke aan verbruikers en ondernemings is 7%.

Die Reserwebank besluit eers aan die einde van November weer oor rentekoerse, maar geen verdere verlagings word verwag nie.

Meer oor:  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.