Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie draai weer tot onder 5%
k

Die inflasiekoers het toe inderdaad in Mei sy boonste draaipunt behaal. Dit het in Junie weer tot onder 5% teruggesak.

Daar was groot kommer nadat inflasie in Mei vir die eerste keer in 30 maande bo 5% op 5,2% was. Statistieke Suid-Afrika (SSA) het egter Woensdag bekend gemaak dit het in Junie tot 4,9% teruggesak.

Dis bes moontlik goeie nuus vir mense met skuld, wat Donderdag sal hoor of die Reserwebank die rentekoers gaan aanpas. Die Reserwebank verkies dat die inflasiekoers by of onder 4,5% bly – dus die middelpunt van sy teikenband van 3% tot 6%.

Die grootste bydraende faktore tot die inflasiekoers is die styging in kospryse, vervoer (wat brandstof insluit) en behuising.

Kosprysinflasie bly baie hoër as die gemiddelde inflasiekoers. Foto: iStock

Die prys van ’n gemiddelde trollie kos en nie-alkoholiese drinkgoed is nou 6,7% duurder as ’n jaar gelede. Hoewel dit heelwat hoër is as die algemene inflasiekoers, is die goeie nuus dat dit dieselfde is as in April en dat pryse dus nie vinniger weghol nie.

Die drie koskategorieë wat die vinnigste styg, was vette en olies (21,6%); vleis (8,6%); en suiker en suikerprodukte (7,2%).

Vervoer is 12,3% duurder as in Junie 2020. Dis laer as die inflasiekoers in Mei, van 15,3%, maar weerspieël steeds die styging in brandstofpryse nadat dit weens die Covid-19-pandemie en gepaardgaande streng inperkings wêreldwyd in die tweede kwartaal van 2020 in duie gestort het.

95-oktaan-petrol was in Junie in Gauteng R3,73 per liter duurder as in Junie 2020, oftewel ’n styging van 27,8%, van R13,40 tot R17,13.

Kerninflasie het vir die tweede maand in ’n ry gestyg, maar weer met baie min. Dit beloop nou 3,2% teenoor April se 3% en Mei se 3,1%. Kerninflasie sluit kos- en brandstofpryse uit, wat onder meer deur seisoene en die wisselkoers beïnvloed word.

Provinsiale inflasie wissel van 4,6% in Mpumalanga tot 6,1% in Noordwes.

Meer oor:  Vpi2106  |  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Inflasiekoers  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.