Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie: Goedkoper petrol oorskadu duurder kos
Kos word steeds al duurder. Foto: iStock

Danksy veral die laer petrolpryse het inflasie in Augustus met 0,1 persentasiepunt tot 3,1% gedaal, maar kospryse gaan voort om opwaartse druk uit te oefen.

Kospryse was in Augustus 4,3% hoër as ’n jaar gelede op gemiddeld.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het wel weens die Covid-19-pandemie en -maatreëls nie sy hele arbeidsmag tot sy beskikking gehad nie, wat beteken dat net twee derdes van sy veldwerkers beskikbaar was om die pryse te meet.

Vir baie Suid-Afrikaners lyk dit asof die kospryse sedert die verslapping van die staat van inperking aan die styg is.

Volgens SSA was vrugte byvoorbeeld 14% duurder in Augustus as ’n jaar gelede. Vleis was 4,1% duurder terwyl melk, eiers en kaas met 5,4% gestyg het.

Saam het die prys van kos en nie-alkoholiese drankies egter net met 3,9% op jaargrondslag gestyg. Dit het in totaal 0,7 persentasiepunte tot die totale 3,1% inflasiekoers bygedra.

Die inflasiekoers van kos en nie-alkoholiese drankies is steeds in pas met Julie se 4,3% en Junie se 4,2%.

Die algemene inflasiekoers is beduidend deur die daling in veral die petrolprys verlaag.

LEES OOK: Inflasie daal weer

Brandstof se inflasie het met 5,3% gedaal teenoor Augustus 2019, en met sy groot gewig in die mandjie goedere en dienste vir die algemene inflasiekoers het dit beduidende afwaartse druk op die finale koers uitgeoefen.

Dit is belangrik om te onthou dat inflasie nie so erg pryse regstreeks meet nie. Dit is die algemene en volgehoue verandering in pryse op gemiddeld wat gemeet word.

Net soos wat die weer soms draai en warmer of kouer word, maar die klimaat betreklik stabiel bly, meet inflasie die ekwivalent van die klimaat van pryse.

Daarom, terwyl dit vir Jan Alleman voel dat die pryse op die winkelrakke noemenswaardig styg, is dit nie noodwendig die gemiddelde ervaring oor alle produkte en dienste heen nie, maar slegs ’n deel van die algehele beweging.

Kerninflasie, wat kos, nie-alkoholiese drankies, brandstof en energie uitsluit, is een van die beste maniere om die algehele beweging in pryse te meet, omdat dit die wisselvalligheid van kleinhandelpryse op alledaagse goedere vir verbruik uitsluit.

Kerninflasie was in Augustus 3,5%.

Die Wes-Kaap met ’n provinsiale inflasiekoers van 3,8% bly die duurste provinsie om in te woon.

Gauteng, aan die ander kant, het ’n algemene inflasiekoers van slegs 2,7%.

Meer oor:  Ekonomie  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.