Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie knou selfs ‘Game of Thrones’

Game of Thrones-aanhangers: Die winter is hier. Minstens vir jou begroting.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het Maandag prettige syfers uitgereik om te wys hoeveel duurder sekere “noodsaaklike bykomstighede” geword het sedert die eerste seisoen van dié trefferreeks in 2011 uitgereik is.

Die agtste en finale seisoen van Game of Thrones het pas begin en aanhangers is gereed om terug te keer na die mitiese wêreld van Westeros.

  • Volgens SSA sal jy nou byna 40% meer betaal vir ’n goeie bottel wyn om saam met die program te geniet as nege jaar gelede.
  • ’n Snoesige kombers om onder te lê terwyl jy die jongste episodes kyk, kos 17% meer as in 2011.
  • Inflasie het ook die prys van televisies geruk, met die gemiddelde prys wat meer as 43% toegeneem het sedert nege jaar gelede.

Hoewel Game of Thrones deesdae ook op stromingsdienste soos Showmax beskikbaar is, bly DStv maar een van die gewildste platforms waarop daar na nuwe episodes gekyk word.

Die jongste episodes van dié reeks wys elke Maandagoggend regstreeks op DStv se premiumkanale.

Intekenaarsgelde vir DStv-premium het sedert April 2011 tot nou met ’n massiewe 45% van R559 tot R809 per maand toegeneem.

Game of Thrones is een van die gewildste televisiereekse ooit en meer as miljard mense gaan na verwagting elkeen van die ses episodes van die laaste seisoen kyk.

Die laaste episode van die reeks wys op 19 Mei.

Meer oor:  Inflasie  |  Televisiereeks  |  Tegnologie  |  Game Of Thrones
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.