Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie: Kospryse weer skerp aan die styg

Die inflasiekoers vir Oktober voorspel niks goeds vir die koste van jou Kersmaaltyd nie.

Kospryse is skerp aan die styg. Foto: iStock

Hoewel die oorhoofse inflasiekoers steeds heel gunstig is op 3,3%, is ’n trollie kos nou ’n allemintige 5,4% duurder as ’n jaar gelede, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) pas bekend gemaak. 

Albei syfers is aansienlik hoër as in September, toe die inflasiekoers 3% was en kosprysinflasie 3,9%.

Alle soorte basiese voedsel het duurder geword, met inflasiekoerse wat plek-plek skielik met tot drie persentasiepunte hoër is as wat in September beleef is. Vleisprysinflasie het van 4,4% tot 6% opgeskiet; melk, eiers en kaas van 5,5% tot 6,5% en olies en vette van 6,2% tot 9,7%.

Kerninflasie, die maatstaf wat brandstof, krag en kos uitsluit, het net effens gestyg, van 3,3% tot 3,4%.

Provinsiale inflasie wissel van 2,9% in Gauteng en Mpumalanga tot 3,9% in die Wes-Kaap. Plattelanders beleef 3,2%.

Pensioentrekkers beleef sowat 3,4%.

Die inflasiekoers was vanjaar al twee keer laer die Reserwebank se teikenband, in Mei (2,1%) en Junie (2,2%), maar was laas in Maart 2017 (6,1%) bo die teikenband.

Hoewel inflasie in bedwang is, het die Reserwebank verlede week besluit om die rentekoers onveranderd te hou, juis weens tekens van stygende inflasie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.