Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie nou laer as Reserwebank se teiken

Inflasie het vir die eerste keer in nege maande tot onder 3% gedaal.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het bekend gemaak dat inflasie in Februarie 2,9% was. Dis teenoor Desember se 3,1% en Januarie se 3,2%.

Die inflasiekoers is laer as die teiken van 3% tot 6%. Foto: iStock

Die lae inflasiekoers beteken nie noodwendig dat die Reserwebank Donderdag die rentekoers gaan verlaag nie, aangesien die sentrale bank 18 maande tot twee jaar vooruit kyk na die vooruitsigte vir inflasie.

Volgens SSA het kosprysinflasie tot 5,2% gedaal. Dit was in Desember 6% en in Januarie 5,4%. Vleis is steeds gemiddeld 6,7% duurder as verlede Februarie en olie 10,6% duurder. Dis teenoor 7,2% en 10,5%, die jaarkoerse in Januarie.

Kerninflasie, die maatstaf wat brandstof, krag en kos uitsluit, was in Februarie net 2,6%. Dit was in Desember en Januarie 3,3%. Dit word as ’n goeie maatstaf van prysdruk in die ekonomie beskou omdat dit seisoenale en eksterne faktore uitsluit.

Provinsiale inflasie wissel van 2,7% in Gauteng en Mpumalanga tot 3,3% in Noordwes. In die Wes-Kaap, wat gewoonlik die hoogste inflasie het, is dit 3,2%.

Pensioentrekkers beleef sowat 2,8%.

Die gemiddelde inflasiekoers vir die hele 2020 was 3,3% - byna ’n persentasiepunt laer as die 4,1% van 2019, het SSA in Januarie bekend gemaak.

Al dié syfers is op gemiddelde bestedingspatrone bereken en huishoudings se inflasiekoers sal uniek wees gegrond op watter produkte of dienste hulle gebruik.


Meer oor:  Inflasie  |  Inflasiekoers  |  Vpi2101  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.