Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie nou op laagste vlak in 2020

Suid-Afrika se inflasiekoers het in Maart tot 4,1% - die laagste tot dusver vanjaar - gedaal, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) pas bekend gemaak. Weens die dalende olieprys en die inperking word verwag dat inflasie vorentoe selfs verder gaan daal.

Die inflasiekoers daal - ’n simptoom van ’n ekonomie wat nie groei nie. Foto: iStock

Die syfers weerspieël nog die “normale” ekonomie aangesien syfers ingevorder is voordat die land op 27 Maart agter slot en grendel geplaas is. Dit kom nadat inflasie in Februarie vir die eerste keer in 15 maande tot 4,6% - bo die middelpunt van die Reserwebank se teikenband – gestyg het.

Die trollie kos en nie-alkoholiese drank wat SSA meet, was in Maart 4,2% duurder as ’n jaar gelede. Onder basiese kossoorte het veral vrugte (7,1%), vis (5,3%) en vleis (5%) kosprysinflasie beïnvloed.

Kerninflasie – ’n belangrike maatstaf wat kos, brandstof en krag uitsluit – het effens teruggesak, van 3,8% tot 3,7%.

Provinsiale inflasie het gewissel van 3,6% in Limpopo tot 4,8% in die Wes-Kaap.

Bejaardes beleef inflasie van nagenoeg 4,1% en die armste 10% van huishoudings 4,7%.

SSA waarsku dat hy weens die inperking gaan sukkel om April se syfers te doen. Nie net mag winkels nie nienoodsaaklike produkte verkoop of dienste lewer nie, baie handelaars is boonop toe. Dit maak dit onmoontlik om alle pryse te meet. Heelwat indekse gaan dus weggelaat word wanneer dié syfers volgende maand uitgereik word.

Die Investec-ekonoom Kamilla Kaplan sê inflasie gaan na verwagting vanjaar gemiddeld slegs 3,5% beloop. Dis grootliks vanweë die laer internasionale olieprys, maar ook die insinking in die plaaslike vraag na goedere.

Kaplan sê die swakker rand gaan nie inflasie laat styg nie. Kleinhandelaars en diensverskaffers sal ná die inperking nie skerp prysstygings instel nie om verkope te ondersteun. Kosprysinflasie gaan na verwagting gedemp wees omdat die vooruitsigte vir landbouproduksie goed is. 

Talle ekonome verwag dat die Reserwebank die rentekoers wéér einde Mei gaan verlaag vanweë die gedempte inflasie en resessie. Die algemene verwagting is dat dit met 50 basispunte verlaag gaan word en nie weer met 100 basispunte – soos in Maart en April – nie. Dis ook in Januarie met 25 basispunte verlaag.

k


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.