Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie sak terug, maar kospryse wek kommer

Inflasie het onverwags in September gedaal, maar dis waar die goeie nuus eindig.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (SSA) was die inflasiekoers in September 4,1% nadat dit in Augustus 4,3% was en in Julie 4%.

Inflasie is in bedwang, maar daar is tog vrees oor die skerp styging in kospryse.

Die inflasiekoers weerspieël die gemiddelde jaarstyging in die prys van produkte en dienste wat SSA meet, gegrond op die gemiddelde Suid-Afrikaanse verbruiker. Elke huishouding beleef unieke prysstygings gegrond op hul koopgewoontes. 

Die grootste rede vir die styging in die inflasiekoers is weer eens kospryse, wat 0,7 van ’n persentasiepunt tot die 4,1% beloop.

Kospryse is, soos in Augustus, gemiddeld 3,9% hoër as ’n jaar gelede. 

Die grootste rede daarvoor is die 8,5%-styging in die kategorie vir brood en graanprodukte. Dis wel effens laer as Augustus se 8,6%, wat die hoogste was sedert Februarie 2017 se 12,8%.

  • Provinsiale inflasiekoerse wissel ook skerp, van 3,6% in Noordwes tot 4,6% in die Wes-Kaap.
  • Pensioentrekkers beleef ’n gemiddelde inflasiekoers van 4,2%.
  • Die twee kategorie armste verbruikers beleef inflasie van onderskeidelik 5,5% en 5%, ver bo die gemiddelde. Dis omdat hulle ’n groter persentasie van hul inkomste aan kos moet bestee.

Die inflasiekoers is nou reeds tien maande lank op of laer as 4,5%, die middelpunt van die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%. Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, hamer nou al lank daarop dat hy wil hê die koers moet hier geanker wees voordat rentekoerse verder verlaag word. Dis wel in Julie met 0,25 van ’n persentasiepunt verlaag.

Die volgende besluit oor die rentekoers, die laaste vir 2019, is einde November.

Kerninflasie, ’n belangrike aanwyser omdat dit die wisselvalligste produkte – kos, petrol en krag – uitsluit, het gedaal, van 4,3% in Augustus tot net 4%.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.