Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie skiet op tot 4,5%

Verbruikers is in Januarie hard getref toe pryse van goedere en dienste skielik skerp gestyg het.

kospryse, inflasie
Die inflasiekoers het skerp gestyg in Januarie. Foto: Unsplash

Die inflasiekoers het tot 4,5% opgeskiet, teenoor 4% in Desember. Dis die eerste keer sedert Julie 2018 dat die inflasiekoers met ’n halwe persentasiepunt opskiet. Inflasie was laas in Mei en Junie 2019 4,5%.

Die redes vir die styging was dat kos en nie-alkoholiese drinkgoed 3,7% duurder geword het, behuising en nutsdienste 4,7%, vervoer 6,4% en diverse goedere en dienste 4,7%.

Die styging van 3,7% in kospryse is laer as die 3,9% wat in Desember gemeet is. Dis danksy die feit dat die styging in die kategorie brood en graanprodukte teruggesak het tot 6% (teenoor Desember se 8%).

Goeie nuus is dat kerninflasie, wat kos, brandstof en krag uitsluit, weer effens gedaal het, van 3,8% in Desember tot 3,7% in Januarie.

Inflasie op provinsiale vlak wissel van 4% in die Oos-Kaap, Vrystaat en KwaZulu-Natal tot 5,1% in die Wes-Kaap.

Bejaardes ervaar inflasie van 4,6% en die armste 10% van die bevolking ervaar 5%.

Die hoër inflasiekoers bly in pas met die Reserwebank se verwagting dat inflasie in 2020 gaan styg teenoor 2019 en gemiddeld 4,7% gaan beloop. Die gemiddeld in 2019 was 4,1%, die laagste in 14 jaar.

Skerpste styging
Die skerpste styging in die inflasiekoers die afgelope paar jaar was in April 2018, toe die styging van 0,7 van ’n persentasiepunt verklaar kon word deur ’n verhoging in belasting van toegevoegde waarde van 14% tot 15%.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.