Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie skiet op tot hoogste in byna 3 jaar
k

Inflasie is vir die eerste keer in 30 maande bo 5%.

Die koers was in Mei 5,2%, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak. Dis die tweede groot styging in die inflasiekoers nadat dit in April tot 4,4% opgeskiet het, van 3,2% in Maart.

Om biefstuk op die kole te gooi, raak nou al hoe duurder.

Die 5,2% is dieselfde as in November 2018, die vorige keer toe inflasie bo 5% was.

Die skerp styging voorspel niks goeds vir mense met skuld nie. Die Reserwebank besluit weer op 22 Julie oor die rentekoers en kan op grond van hoër as verwagte inflasie genoop voel om die rentekoers te verhoog.

Die grootste redes vir die skerp styging is die styging in kospryse, vervoer (wat brandstof insluit) en behuising.

Vervoer is 15,3% duurder (April: 10,6%). Dit weerspieël onder meer die styging van brandstofpryse vergeleke met Mei 2020. 95-oktaan-petrol is byvoorbeeld R5,01 per liter duurder.

Kospryse

Die trollie kos wat SSA meet, is nou 6,7% duurder as ’n jaar gelede (April: 6,3%).

Die grootste styging is van olies en vette, wat ’n astronomiese 20% duurder is as ’n jaar gelede. Dis teenoor April se reeds hoë inflasie vir dié kategorie van 16,7%.

Vleis is ook gemiddeld 8,5% duurder, teenoor 7,1% in April.

Suiker en lekkergoed is nou 8,7% duurder as ’n jaar gelede.

Kerninflasie

’n Ligstraaltjie is wel dat kerninflasie net effens gestyg het. Dit beloop nou 3,1%, teenoor April se 3%. Kerninflasie sluit kos- en brandstofpryse uit, wat onder meer deur seisoene en die wisselkoers beïnvloed word. Die Reserwebank beskou kerninflasie as ’n belangrike maatstaf van ongesonde kooplus – dikwels aangedryf deur krediet – in die ekonomie.

Pensioentrekkers beleef inflasie van gemiddeld 4,7%.

Die armste huishoudings beleef inflasie van 5,2% en die rykste huishoudings van 5,6%. Dit word op hul bestedingspatrone gegrond.

Provinsies met die laagste inflasiekoers is die Noord-Kaap, Mpumalanga en die Vrystaat (almal 5%) en die provinsie met die hoogste inflasiekoers is Noordwes (5,7%).

k
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.