Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Inflasie skiet weer op tot meer as 5%

Inflasie was in Julie vir die eerste keer in tien maande hoër as 5%, maar steeds binne die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%.

Kosprysinflasie is weer aan die styg. Foto: iStock

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het pas bekend gemaak die inflasiekoers vir Julie was 5,1%, aansienlik hoër as die 4,4% in Mei en die 4,6% in Junie. Dis ook al aansienlik hoër as die onderste draaipunt van 3,8% in Maart.

Die grootste rede vir die styging in die inflasiekoers is steeds die styging in die petrolprys, sowel as ’n styging in die koste van behuising. 

Die inflasiekoers is die persentasie wat verbruikers meer vir ’n lys goedere en dienste betaal as ’n jaar gelede.

Tussen Junie en Julie het pryse gemiddeld met 0,8% gestyg, ’n hoë maandstyging vergeleke met die vorige maandstygings van 0,2% in Mei en 0,4% in Junie.

Kerninflasie, wat kos, brandstof en krag uitsluit, beloop nou 4,3%, vergeleke met 4,4% in Mei en 4,2% in Junie. Dit kan rigtinggewend wees vir die Reserwebank wanneer die sentrale bank einde September oor die rentekoers besluit omdat dit wys dat inflasie deur eksterne faktore aangedryf word eerder as deur ’n buitensporige kooplus onder plaaslike verbruikers.

Kosprysinflasie (net vir kos) het effens gedaal tot 3% (van 3% in Mei en 3,1% in Junie). Kos en nie-alkoholiese drank is nou 3,4% duurder as ’n jaar gelede, dieselfde koers as in Junie.

Pensioentrekkers beleef nou inflasie van 5,3% (vergeleke met 4,4% in Junie).

Op provinsiale vlak wissel inflasie van 4% in Limpopo tot 5,9% in die Wes-Kaap.

Inflasie waar jy woon

Provinsiale inflasie wissel van 4% in Limpopo tot 5,9% in die Wes-Kaap. Gauteng en die Wes-Kaap se inflasiekoers is hoër as die oorhoofse inflasiekoers van 5,1%.

Inflasie op die platteland beloop 3,7%.

  • Limpopo: 4%
  • Mpumalanga, Noord-Kaap: 4,1%
  • Noordwes: 4,2%
  • Oos-Kaap, KwaZulu-Natal: 4,5%
  • Vrystaat: 4,8%
  • Gauteng: 5,2%
  • Wes-Kaap: 5,4%
Meer oor:  Rentekoers  |  Kospryse  |  Inflasie  |  Kosprysinflasie  |  Inflasiekoers  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Ssa  |  Reserwebank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.